Chakeperre Senoesret II was die vierde farao van die 12de Dinastie van Antieke Egipte. Hy het van 1897 tot 1878 v.C. regeer en is ná sy dood in sy piramide by el-Lahoen begrawe.

Bewind Senoesret II het ’n groot belangstelling getoon in die Faijoem-oasestreek en het ’n uitgebreide besproeiingstelsel van Bahr Joesoef na die Moeris-meer aangelê deur ’n groot dyk by el-Lahoen en ’n netwerk kanale te bou. Die doel was om die gebied wat bewerk kon word, te vergroot.Miroslav Verner, The Pyramids: The Mystery, Culture, and Science of Egypt's Great Monuments, Grove Press 2002. p.386 Die belangrikheid van die projek word beklemtoon deur die feit dat Senoesret die koninklike dodeakker van Dahsjoer na el-Lahoen geskuif het, waar hy sy piramide gebou het. Dié gebied sou die politieke hoofstad bly tydens die 12de en die 13de Dinastie van Egipte. Hy het ook die eerste bekende werkerskwartier op die nabygeleë dorp Senoesrethotep (Kahoen) gebou.

Anders as sy voorgangers het Senoesret goeie verhoudinge gehad met sy nomarge (provinsiale goewerneurs), wat amper net so ryk soos hy was.Peter Clayton, Chronicle of the Pharaohs, Thames & Hudson Ltd, (1994), bl. 83 Sy sesde bewindsjaar word uitgebeeld in ’n muurskildering in die grafkelder van ’n plaaslike nomarg met die naam Chnoemhotep by Beni Hasan. Die akademikus Eugene H. Merrill het gemeen Senoesret II was dalk die farao sonder naam wat in die Bybelse storie van Josef genoem word.Eugene H. Merrill, Kingdom of Priests, Grand Rapids: Baker Academic, 2008, 66-68.

Grafskatte duimnael|160px|links|’n Borssiersel van Senoesret II (grafkelder van Sithathorioenet). In 1889 het die Engelse Egiptoloog Flinders Petrie ’n "fantastiese goue koninklike oeraeoes" wat oorspronklik deel van Senoesret se geroofde grafskatte moes gewees het, ontdek in ’n oorvloeide kamer van die koning se grafkelder.Peter Clayton, Chronicle of the Pharaohs, Thames & Hudson Ltd, (1994), bl. 80 Dit is nou in die Kaïro-museum.

Argeoloë het sy dogter, prinses Sithathorioenet, se grafkelder ook daarnaby gevind. Verskeie juweliersware daarin sluit twee borssiersels en ’n kroon in.

In 2009 het Egiptiese argeoloë aangekondig dat hulle tydens nuwe uitgrawings ’n kis naby die Lahoen-piramide ontdek het met mummies in helder geverfde houtkiste. Dit was na berig word die eerste mummies wat in die sandbedekte woestynrotse om die piramide ontdek is."Cache of mummies unearthed at Egypt's Lahun pyramid"

Verwysings

Eksterne skakels Senoesret II Chakeperre

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Sterftes in 1879 v.C.