Chartreuse-groen is 'n geel-groen kleur wat verwys na die Franse likeur met dieselfde naam. Hierdie kleur word groen chartreuse genoem om dit te onderskei van Chartreuse-geel.

Die kleurnaam chartreuse-groen is die eerste keer in 1892 gebruik. Die kleur word verkry deur geel (100 dele) en siaan (50 dele) te meng.

Kleurkoördinate Volgens verskeie kleurskemas word chartreuse-groen as volg voorgestel: ModelKoördinateHeksadesimale kode#7FFF00RGB-kleurmodel(127, 255, 0)CMYK(50, 0, 100, 0)HSV(90°, 100%, 100%)

Sien ook Lys van kleure

Verwysings

Hierdie artikel is uit die Italiaanse wiki-artikel Chartreuse (colore) vertaal

Kategorie:Kleure