In die Egiptiese mitologie was Sechmet of Sachmis oorspronklik die oorlogsgodin asook die godin van heling van Bo-Egipte.Wilkinson, Richard H. (2003). The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt. Thames & Hudson. p. 181. Sy word voorgestel as ’n leeuwyfie. Daar is geglo haar asem het die woestyn geskep. Sy is beskou as die bewaarder van die farao's en het hulle in oorlog aangevoer.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Egiptiese mitologie