Ursula Gertrud von der Leyen (Duitse uitspraak: [ˈʊʁzula fɔn deːɐ̯ ˈlaɪən]; gebore Albrecht, 8 Oktober 1958 in Brussel, België) is 'n Duitse politikus en sedert 1 Desember 2019 president van die Europese Kommissie. Sy het van Desember 2013 tot Julie 2019 as Minister van Verdediging van Duitsland gedien. Von der Leyen is lid van die sentraalregse Christelik Demokratiese Unie (CDU) en is die eerste vrou in Duitsland om die amp van Minister van Verdediging te bekleë. Sy is ook die eerste vroulike president van die Europese Kommissie.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Duitse ministers Kategorie:Europese Kommissarisse van Duitsland Kategorie:Ministers van Arbeid Kategorie:Ministers van Sosiale Sake Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Presidente van die Europese Kommissie Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense