In die Egiptiese mitologie is Ptah (Egipties: ptḥ, moontlik in Antieke Egipties uitgespreek as Pitaḥ)Ancient Egyptian, a linguistic introduction, bl. 34 die skeppergod van Memphis, asook die god van kunstenaars en argitekte. In die stad se triad is hy die man van Sechmet en die pa van Nefertem. Hy word ook beskou as die pa van Imhotep.

Die Grieke het hom geken as die god Hefaistos, en in dié vorm het die filosoof Manetho hom die eerste koning van Egipte gemaak.

Verwysings

Kategorie:Egiptiese mitologie