Die Donker skaamooghaai (Haploblepharus pictus) is endemies aan die Suider-Afrikaanse kus en kom voor vanaf Luderitz tot by Oos-Londen. In Engels staan die haai bekend as die Dark shyshark.

Die haai is oranje-bruin met verskeie donker vlekke met ligter kolle op. Groot volwasse haaie is hoofsaaklik bruin met dowwe vlekke op die rug. Die haai lyk baie soos die Pofadder-skaamooghaai maar die snoet is breër en stomper en die kop is meer plat.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Haploblepharus-pictus.html

Kategorie:Haaie