Menkaoehor (ook bekend as Menkaoehor Kaioe en onder die Hellenistiese naam Mencheres volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy het koning Nioeserre opgevolg. Sy troonnaam beteken "Ewigdurend is die siele van Horus".Clayton, Peter A. Chronicle of the Pharaohs: The Reign-by-Reign Record of the Rulers and Dynasties of Ancient Egypt, bl.61. Thames & Hudson. 2006.
Familie Menkaoehor was dalk ’n seun van Nioeserre. Reliëfwerke in die dodetempel van Chentkaoes II dui moontlik daarop, maar dit is nie seker nie.M. Verner, The Pyramids, 1997
Daar word gemeen koningin Meresanch IV kon Menkaoehor se vrou gewees het.Dodson, Hilton, The Complete Royal Families of Ancient Egypt, 2004 Sy kon dalk ook Djedkare se vrou gewees het. Nog ’n voorstel is koningin Choeit I, maar dis ook nie seker nie.W. Grajetzki, Ancient Egyptian Queens: a hieroglyphic dictionary, 2005
Menkaoehor se opvolger, Djedkare, was moontlik sy seun. Ander moontlike kinders sluit in prinsesse Raemka en Chaemtjenent, maar hulle kon ook Djedkare se dogters gewees het en dan was hulle dalk Menkaoehor se kleinkinders.
Bewind Die Turynse Koningslys dui Menkaoehor se bewind aan as agt jaar. Hy was die laaste farao wat ’n sontempel laat bou het. Sy piramide is dalk in 1842 deur die Duitse argeoloog Karl Richard Lepsius by Saqqara ontdek. Lepsius het dit nommer 29 of die "Koplose Piramide" genoem."Egypt uncovers 'missing' pyramid of a pharaoh", http://news.yahoo.com/s/ap/20080605/ap_on_re_mi_ea/egypt_missing_pyramid_4 , Katarina Kratovac, AP, 5 Junie 2008 Dit is daarna deur sand toegewaai en eers in 2008 herontdek.
Menkaoehor is naas Sjepseskare die geheimsinnigste farao van die 5de Dinastie. Al wat aandui dat hy wel bestaan het, is ’n reliëfwerk van ’n amptenaar met die naam Tjoetjoe wat hom bewonder, ’n steengroef-inskripsie by Wadi Maghara in Sinai uit sy bewind, ’n enkele seel met sy naam op en ’n klein standbeeld.Miroslav Verner, Archaeological Remarks on the 4th and 5th Dynasty Chronology, Archiv Orientální, Volume 69: 2001, bl. 405
Verwysings
Eksterne skakels Egiptiese konings Menkaoehor se piramide gevind (BBC) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Sterftes in die 25ste eeu v.C.