Imhotep (ook gespel Immutef, Im-hotep en Ii-em-Hotep, en bekend onder die Hellenistiese naam Imuthes; omstreeks 2650–2600 v.C.) was ’n raadgewer van die Egiptiese farao Djoser, ’n argitek,Imhotep (Egyptian architect, physician, and statesman) – Encyclopedia Britannica ingenieur en dokter,William Osler, The Evolution of Modern Medicine, Kessinger Publishing 2004, p.12 asook ’n hoëpriester van die gode Ptah en Ra.

Hy was een van baie min gewone burgers wat ná sy dood goddelike status verkry het. Die ligging van sy selfgeboude grafkelder was van die begin af ’n geheim en is steeds onbekend, ondanks talle pogings om dit te soek.The Harper's Lay, ca. 2000 v.C. Daar word geglo dit is iewers by Saqqara versteek. Een van sy talle prestasies was dat hy die Piramide van Djoser ontwerp het. Hy was ook betrokke by die bou die piramide van sy opvolger, Sechemchet, maar werk aan laasgenoemde is gestaak ná die farao se kort bewind.

In die geskiedenis Imhotep se bestaan word bevestig deur twee inskripsies uit sy leeftyd wat aan die voetstuk van een van Djoser se standbeelde aangebring is en ’n graffito op ’n muur om Sechemchet se onvoltooide trappiramide.Jaromir Malek. "The Old Kingdom" in The Oxford History of Ancient Egypt deur Ian Shaw (red.) Oxford University Press paperback 2002. p. 92–93J. Kahl "Old Kingdom: Third Dynasty" in The Oxford Encyclopedia of Ancient Egypt deur Donald Redford (red.) Vol. 2, p. 592 Laasgenoemde inskripsie dui daarop dat Imhotep tot ’n paar jaar ná Djoser se dood gelewe het en betrokke was by die bou van sy opvolger, Sechemchet, se piramide.

thumb|links|Die Piramide van Djoser. Vergoddeliking Sowat 2 000 jaar ná sy dood is Imhotep se status opgehef tot dié van ’n god van medisyne en heling. Hy is eindelik gelykgestel aan Thoth, die god van argitektuur, wiskunde en geneeskunde.

Hy is vereer in die omgewing van Thebe, in tempels wat aan Thoth gewy was.Thoth or the Hermes of Egypt: A Study of Some Aspects of Theological Thought in Ancient Egypt, p. 166–168, Patrick Boylan, Oxford University Press, 1922M. Lichtheim, Ancient Egyptian Literature, The University of California Press 1980, vol. 3, p.104 Die antieke Grieke het hom ook verbind met die Griekse god Asklepios.

Volgens mites was Imhotep se ma ’n gewone vrou met die naam Cheredoe-anch; sy is self later as ’n halfgod vereer as die dogter van die god Banebdjedet.Marina Warner, Felipe Fernández-Armesto, World of Myths, University of Texas Press 2003, , p. 296 Omdat Imhotep ook as die "Seun van Ptah" bekend was,Miriam Lichtheim, Ancient Egyptian Literature: A Book of Readings, University of California Press 1980, , p. 106 is soms beweer sy ma was Sechmet, die beskermingsgodin van Bo-Egipte en die vrou van Ptah.

Die hongersnoodstele van Bo-Egipte, wat uit die Ptolemeïese tydperk (305-30 v.C.) dateer, bevat ’n inskripsie oor ’n hongersnood tydens Djoser se bewind wat sewe jaar geduur het. Imhotep kry die eer dat hy ’n belangrike element in die beëindiging daarvan was. Een van die priesters het die verband tussen die god Chnoem en die styging van die Nylrivier aan die koning verduidelik, en dié het toe ’n droom gehad waarin die Nylgod met hom praat en belowe om die droogte te beëindig.

As ’n aanvuurder van die Egiptiese kultuur het Imhotep se geïdealiseerde beeld tot goed in die Romeinse tydperk geduur.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Egiptenare Kategorie:Egiptiese mitologie