Alice-blou is 'n kleur, 'n baie ligte skakering van asuur, die gunstelingkleur van Alice Roosevelt Longworth, dogter van die eertydse Amerikaanse President, Theodore Roosevelt. Dit het destyds 'n modesensasie ontketen in die Verenigde State.
Weens die baie min ink (kleurstof) wat volgens die CMYK-formule vir drukwerk van dié kleur benodig word, is dit uiters moeilik om dit suksesvol af te beeld in vierkleurdrukwerk.
Kleurkoördinate Volgens verskeie kleurskemas word Alice-blou soos volg voorgestel: ModelKoördinateHeksadesimale kode#F0F8FFRGB-kleurmodel(240, 248, 255)CMYK(4, 1, 0, 0)HSV(208°, 6%, 100%)
Sien ook Lys van kleure
Kategorie:Kleure