Toetankamen (Engels: Tutankhamun of Tutankhamen; antieke Egipties: twt-ꜥnḫ-jmn, Toet-Anch-Amen; omstreeks 1341 v.C. tot 1323 v.C.) was ’n Egiptiese farao van die 18de Dinastie tydens ’n tydperk wat bekend is as die Nuwe Ryk. Daar word soms na hom verwys as "koning Toet". Hy het die troon bestyg toe hy sowat nege jaar oud was en het regeer tot met sy dood op sowat 19.
Toetankamen is histories daarvoor bekend dat hy die oorspronklike politeïstiese antieke Egiptiese godsdiens in ere herstel het ná die onderdrukking daarvan deur sy pa, Achenaten, ten gunste van die god Aten. Hy was ook een van die min farao's wat gedurende sy lewe as 'n god aanbid is: Dit is met die meeste konings nadoods gedoen. In populêre kultuur is hy bekend vir sy enorme rykdom, wat in 1922 in sy graf gevind is. Graftombe KV62 is die enigste een wat tot dusver in 'n feitlik ongeskonde toestand ontdek is.Tyldesley, Joyce. Tutankhamen: The Search for an Egyptian King. Basic Books, 2012. Die ontdekking van sy graftombe word algemeen beskou as een van die grootste argeologiese ontdekkings van alle tye.
Sy oorspronklike naam, Toetankaten, beteken "Lewende Beeld van Aten", terwyl Toetankamen beteken "Lewende Beeld van Amen". In hiërogliewe is laasgenoemde gewoonlik geskryf as Amen-toet-ank vanweë die gebruik om die naam van ’n god aan die begin van ’n frase te skryf om respek te betoon. Hy is moontlik ook die Nebcheperoere van die Amarna-briewe, en dalk ook die 18de-dinastiese koning Rathotis wat volgens Manetho, ’n antieke historikus, nege jaar lank regeer het.
Die ontdekking in 1922 van Toetankamen se feitlik ongeskonde graf deur Howard Carter en George HerbertHawass, Zahi A. The golden age of Tutankhamun: divine might and splendor in the New Kingdom. American Univ in Cairo Press, 2004. het wêreldwyd die nuus gehaal. Dit het ’n nuwe belangstelling tot gevolg gehad in antieke Egipte, waarvan Toetankamen se doodsmasker, nou in die Kaïro-museum, steeds ’n gewilde simbool is.
In Februarie 2010 het die uitslag van DNS-toetse bevestig hy is die seun van Achenaten (mummie KV55) en dié se suster en vrou, wie se naam onbekend is maar wie se oorskot positief uitgeken is as "Die Jonger Dame" wat in graf KV35 ontdek is. Die "geheimsinnige" dood van ’n paar mense wat Toetankamen se graf opgegrawe het, is deur baie toegeskryf aan die vloek van die farao's.
Lewe links|duimnael|180px|’n Houtborsbeeld van die jong koning. Dit is in sy graf gevind. duimnael|links|180px|Toetankamen ontvang blomme van Anchesenamen.
Toetankamen was die seun van Achenaten (voorheen Amenhotep IV) en een van Achenaten se susters, of dalk ’n niggie. As prins was hy bekend as Toetankaten. Hy het die troon in 1333 v.C. bestyg toe hy nege of tien was en die troonnaam Nebcheperoere aangeneem. Sy soogvrou was iemand met die naam Maia, wie se oorskot in ’n graf by Saqqara ontdek is.
Toe hy koning word, het hy getrou met sy halfsuster Anchesenpaaten, wat haar naam later verander het na Anchesenamen. Hulle het twee dogters gehad wat albei doodgebore is. X-straalstudies wat in 2011 bekend gemaak is, het getoon die een dogter is ná ’n swangerskap van vyf tot ses maande dood en die ander een ná nege maande. Geen getuienis is gevind om enige van die babas se dood te verklaar nie.Hawass, Zahi en Saleem, Sahar N. "Mummified daughters of King Tutankhamun: Archaeological and CT studies." The American Journal of Roentgenology 2011. Vol. 197, no. 5, ble. W829–836.
Bewind Vanweë sy jong ouderdom het die farao waarskynlik magtige raadgewers gehad, moontlik onder andere grootvisier Ai, wat Toetankamen opgevolg het, en generaal Horemheb, wat vermoedelik Ai se skoonseun en opvolger was. Horemheb het vertel die koning het hom as erfprins as "meester van die land" aangestel om die reg te handhaaf. Hy het ook sy vermoë genoem om die jong koning te kalmeer wanneer hy kwaad was.Booth pp. 86–87
In die derde jaar van sy bewind het Toetankamen onder invloed van sy raadgewers verskeie veranderings omgekeer wat tydens sy pa se bewind gemaak is. Hy het die aanbidding van die god Aten, waaroor daar groot ontevredenheid was, stopgesit en Amoen herstel as die oppergod. Die verbod op die kultus van Amoen is opgehef en die tradisionele voorregte van die priesters is herstel. Die hoofstad is teruggeskuif na Thebe en die stad Achetaten, wat sy pa ter ere van Aten laat bou het, het leeggeloop.Erik Hornung, Akhenaten and the Religion of Light, vertaal deur David Lorton, Ithaca, New York: Cornell University Press, 2001, . Hy het ook sy naam verander na Toetankamen, "Lewende Beeld van Amen" (of Amoen).
As deel van sy herstel van Amoen as oppergod het hy bouprojekte onderneem, veral by Karnak in Thebe, waar hy ’n tempel aan dié god gewy het. Baie monumente is opgerig en tradisionele feeste is heringestel, insluitende die Opetfees en dié wat verband gehou het met die gode Apis en Horus. Sy stele lui onder meer:
Die land was ekonomies swak daaraan toe en daar was onrus ná die bewind van Achenaten. Diplomatieke betrekkinge met ander lande is verwaarloos en Toetankamen het hom daarvoor bewyer om dit te herstel, veral met Mitanni. Getuienis van sy sukses was die geskenke van verskeie lande wat in sy graf ontdek is. Ondanks sy pogings om betrekkinge te herstel, getuig skilderings in sy doodstempel by Thebe van gevegte met die Nubiërs en Asiate. Sy graf het ook wapenrusting en voustoele bevat wat op militêre veldtogte gebruik is. Vanweë sy ouderdom en fisieke gebreke, die rede dat hy skynbaar ’n wandelstok gebruik het (hy is op sowat 18 dood), dink historici hy het dalk nie persoonlik aan hierdie gevegte deelgeneem nie.Booth pp. 129–130
Gesondheid en voorkoms duimnael|140px|Die mummie van Toetankamen, van al sy juwele gestroop, is steeds in graf KV62 in die Vallei van die Konings.
Toetankamen was skraal gebou en sowat 1,8 meter lank."Radiologists Attempt To Solve Mystery Of Tut's Demise" uit ScienceDaily.com Hy het groot snytande gehad en ’n oorbyt wat kenmerkend was van die Toetmoses-familie waartoe hy behoort het. Tussen September 2007 en Oktober 2009 is verskeie mummies onderwerp aan gedetailleerde antropologiese, radiologiese en genetiese studies as deel van die Koning Toetankamen-familieprojek. Dit het getoon Toetankamen het ook "’n effens gesplete lip en verhemelte" gehad, asook moontlik ’n ligte toestand van skoliose (sywaartse ruggraatverkromming). Verder het die bestudering van sy liggaam gewys sy linkervoet was misvorm. Dit kon veroorsaak het dat hy met ’n wandelstok moes loop – baie daarvan is in sy graf gevind.
DNS-toetse van sy mummie het bewyse opgelewer van parasiete wat deur muskiete oorgedra word en malaria veroorsaak. Dit is tot dusver die oudste bekende genetiese bewys van die siekte. Meer as een vorm van die malariaparasiet is gekry, wat daarop dui Toetankamen is verskeie kere met die siekte besmet. Volgens die tydskrif National Geographic "sou die malaria Toetankamen se immuunstelsel beïnvloed en die heling van sy voet belemmer het. Hierdie faktore, saam met die breuk in sy linkerdybeen wat wetenskaplikes in 2005 ontdek het, kon dalk die jong koning se lewe geëis het".
Stamboom In 2008 het ’n span DNS-toetse begin doen op die mummies van Toetankamen en ander lede van sy familie. Die toetse het bewys sy pa was Achenaten en sy ma was nie een van die bekende vroue van Achenaten nie, maar een van sy vyf susters. Die tegniek wat in die studie gebruik is, is egter al bevraagteken.Nature 472, 404-406 (2011); Aanlyn gepubliseer 27 April 2011; Original linkNewScientist.com; Januarie 2011; Royal Rumpus over King Tutankhamun's Ancestry Die span het bevind die kans is meer as 99,99 persent dat Amenhotep III die pa was van die individu in graf KV55, wat op sy beurt die pa van Toetankamen was.
Die jong koning se ma was volgens die studie die individu bekend as "Die Jonger Dame" in graf KV35YL, naby die oorskot van koningin Tije. Haar DNS het getoon sy was, nes Toetankamen se pa, ’n kind van Amenhotep III en Tije; dus was Toetankamen se ouers broer en suster. Koningin Tije het baie invloed aan die hof gehad en was ’n raadgewer van haar seun ná haar man se dood.
Sommige genetici het egter dié bevindings in twyfel getrek en "gekla die span het ontoepaslike ontledingstegnieke gebruik".
Hoewel die data steeds onvolledig is, het die studie gesuggereer een van die fetusse wat in Toetankamen se graf ontdek is, was dié van sy eie dogter en dat die ander fetus waarskynlik ook sy kind was. Tot dusver is net gedeeltelike data van die twee vroulike mummies uit graf KV21 verkry. Een van hulle, KV21A, kan die kinders se ma wees en dus Toetankamen se vrou, Anchesenamen. Dit is uit die geskiedenis bekend sy was die dogter van Achenaten en Nefertiti, en dus waarskynlik haar man se halfsuster. Een gevolg van inteling kan wees dat kinders weens genetiese afwykings nie die hele swangerskap oorleef nie.
Dood Daar is geen bestaande rekords oor Toetankamen se laaste dae nie. Wat sy dood veroorsaak het, is ’n onderwerp waaroor baie gedebatteer word. Groot navorsing is al gedoen om die oorsaak van sy dood te probeer vasstel. Daar is sekere bewyse, soos voorgestaan deur die Harvard-mikrobioloog Ralph Mitchell, dat sy begrafnis in ’n haas geskied het. Volgens Mitchell dui donkerbruin kolle aan die versierde mure van Toetankamen se graftombe daarop dat hy begrawe is nog voordat die verf kans gehad het om droog te word.
Hoewel daar gissings is dat Toetankamen in ’n sluipmoord omgekom het, glo die meeste historici sy dood was natuurlik. ’n CT-skandering wat in 2005 geneem is, wys hy het kort voor sy dood ’n oop breuk in sy linkerbeen opgedoen en dat die breuk ontsteek het. ’n DNS-ontleding het in 2010 gewys hy het malaria gehad, en baie glo malaria en Köhler se siekte, ’n seldsame beenafwyking, het saam tot sy dood gelei.
In Junie 2010 het Duitse wetenskaplikes gesê hulle glo daar is bewyse dat hy aan sekelsel-anemie, ’n oorerflike bloedafwyking, dood is. Ander kenners het dit egter verwerp op grond daarvan dat hy ouer as vyf geword het en die ligging van die iskemiese beennekrose, wat kenmerkend is van Freiberg-Köhler-sindroom eerder as sekelselsiekte. Navorsing wat in 2005 gedoen is deur argeoloë, radioloë en genetici wat CT-skanderings op die mummie uitgevoer het, het bevind hy is nie dood weens ’n hou teen sy kop, soos voorheen geglo is, nie. Nuwe CT-skanderings het getoon daar was oorerflike tekortkomings, wat algemeen is onder kinders wat deur bloedskande verwek is. Sibbes is meer geneig om dubbele kopieë van skadelike gene aan hul kinders oor te dra, en dit is waarom kinders van bloedskande meer geneig is tot genetiese afwykings. Ook ’n gesplete verhemelte is ’n oorerflike afwyking.
Talle ander siektes is al aangevoer as die oorsaak van sy dood.
Soos reeds gesê, is verskeie vorme van malaria in hom gevind. Die navorsingspan onder leiding van die Egiptiese Nasionale Navorsingsentrum in Kaïro, wat dit in CT-skanderings ontdek het, sê malaria kan ’n sirkulasieskok of ’n ernstige immuunreaksie in die liggaam teweegbring, en albei daarvan kan die dood veroorsaak. Veral as Toetankamen ’n beensiekte gehad het wat hom kreupel gelaat het, kon dit dodelik gewees het. "Dalk het hy met ander [oorerflike gebreke] gesukkel totdat ’n ernstige malaria-aandoening of ’n gebreekte been net te veel stremming op die liggaam geplaas het," skryf Zahi Hawass, hoof van die Egiptiese Opperraad van Oudhede en een van die lede van die span.
Nadat die moontlikheid in 2013 ondersoek is dat hy dood is aan beserings wat hy in ’n strydwa-ongeluk opgedoen het, het ’n verdere ondersoek in 2014 onthul hy sou weens sy afwykings nie in ’n strydwa kon gery het nie en dat al die beenbreuke wat hy gehad het, ná sy dood ontstaan het. Daar word nou algemeen aanvaar genetiese afwykings weens die feit dat sy ouers sibbes was, komplikasies weens ’n gebreekte been en sy malaria het alles saam sy dood veroorsaak.
Nalatenskap