Marthinus Cornelius Ellnarius (Tienie) van Schoor (1920 - 2009) was 'n bekendeMillennium se 100 top-persoonlikhede in Vrystaat en Noord-Kaap, Volksblad, 1 Januarie 2000 historikus en outeur van talle boeke oor die geskiedenis van die Afrikaner en die Tweede Vryheidsoorlog. Hy het dit as sy lewenstaak gesien om die geskiedenis van die ABO deeglik na te vors en te boekstaaf, en het veral in die Vrystaatse Driemanskap, pres. Theunis Steyn, genl. Christiaan de Wet en ds. J.D. Kestell belanggestel.MCE van Schoor: 24 November 1920 - 25 Julie 2009, Beeld, 3 Augustus 2009
Biografie Tienie van Schoor is op 24 November 1920 in Bloemfontein gebore. Hy het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad gematrikuleer. Daarna verwerf hy sy meestersgraad in geskiedenis met lof aan die Universiteit van die Vrystaat, en sy doktorsgraad aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O..
Vanaf 1949 was hy vir tien jaar lank geskiedenisonderwyser by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. In 1959 het hy geskiedenis-dosent aan die Universiteit van die Vrystaat geword. Hy was van 1977 tot 1985 die departementshoof.
Van Schoor was vanaf 1963 lid van die Nasionale Vrouemonumentkommissie en was vir 16 jaar ook sy voorsitter.Tienie van Schoor vereer vir kultuur, Die Burger, 8 Junie 2002
Van Schoor is op 25 Julie 2009 op 88-jarige ouderdom in Kleinmond in sy slaap oorlede. Hy is deur sy vrou Betha, ses kinders en elf kleinkinders oorleef.Historici bring hulde aan Tienie van Schoor , besoek op 25 Julie 2014Historikus Tienie van Schoor sterf, Beeld, 28 Julie 2009
Boeke Enkele van sy boeke ter illustrasie: Huldiging van ons heldinne, F.A.K., 1949 (medeskrywer) Politieke groeperinge in Transgariep: Veldkornet en sy aandeel in die opbou van die Suid-Afrikaanse Republiek tot 1870, Volume 13, Cape Times, 1950 (medeskrywer) Die nasionale en politieke bewuswording van die Afrikaner in migrasie en sy ontluiking in Transgariep tot 1854, P.U. vir C.H.O., 1961 Die Tweetoringkerk: vyf-en-sewentig jaar 1880-1955, Merino Drukkers, 1955 (medeskrywer) Die Vrystaatse Helpmekaar: die ontstaan van die Helpmekaar-beweging in Suid-Afrika en sy besondere ontwikkeling in die Oranje-Vrystaat, Sentrale Pers, 1960 Republieke en republikeine, Kaapstad & Bloemfontein, 1960 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat, 1963 Die geskiedenis van Bethlehem, 1864-1964, Bethlehemse Stadsraad, 1964 (medeskrywer) Ons nasionale feesdae: Van Riebeeckdag 6 April, Republiekdag 31 Mei, Setlaarsdag September, Krugerdag 10 Oktober, Geloftedag 16 Desember, Nasionale handelsdrukkery, 1967 Eeufeesgedenkboek - N.G. gemeente Lindley, N.G. Kerk, Lindley, 1976 (medeskrywer) Geskiedenis vir Standerd 8. O.V.S.-leerplan, Nasou, 1968 (medeskrywer) My eerste groot boek oor ons land: 'n kindergeskiedenis van Suid-Afrika, Tafelberg, 1968 (medeskrywer) 60 jaar op die Bult, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1970 Dagboek van Hugo H. van Niekerk, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 1972 Spotprente van die Anglo-Boereoorlog, Tafelberg, 1981 Vegkop, National Monuments Council, 1984 Dr. D.F. Malan en Koalisie, Tafelberg, 1988 (medeskrywer) 'n Bittereinder aan die woord: geskrifte en toesprake van Marthinus Theunis Steyn, Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, 1997 President M.T. Steyn: sy rol in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 1999 Die Rebellie: my tog deur die woestyn na Duitswes, Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, 2000 (medeskrywer) 'n Bloemlesing: Genl. C.R. de Wet, Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, 2000 (medeskrywer) Die Bittereinde Vrede: vredespogings en -onderhandelinge voor en tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, Kraal-Uitgewers, 2007 (medeskrywer)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1920 Kategorie:Sterftes in 2009