Die Groot Sfinks van Giza (Arabies: أبو الهول, Aboe al-Haoel, "die Verskriklike Een") is ’n kalksteenstandbeeld van ’n sfinks (’n mitiese figuur met die lyf van ’n leeu en die gesig van ’n mens) op die wesoewer van die Nylrivier by Giza, Egipte. Dit word gewoonlik bloot die Sfinks genoem. Daar word geglo die standbeeld se gesig is dié van farao Chafra.
Dit is die grootste standbeeld in een stuk in die wêreld. Die oorspronklike beeld is uit die rotsbodem gekap en is sedertdien met lae kalksteenblokke gerestoureer. Die Sfinks is 73,5 m lank, 19,3 m breed en 20,22 m hoog. Dit is die oudste bekende monumentstandbeeld en is waarskynlik gebou deur die Antieke Egiptenare van die Ou Ryk tydens die bewind van farao Chafra (c. 2558–2532 v.C.).Dunford, Jane; Fletcher, Joann; French, Carole (ed., 2007). Egypt: Eyewitness Travel Guide . Londen: Dorling Kindersley, 2007. .
Die Groot Sfinks is geleë langs die dodetempel van Chafra en is uit 'n rotsagtige formasie van kalksteen gekap wat in die geologiese tydperk die Eoseen gevorm het. Die terrein is duidelik deel van 'n steengroef waaruit die materiaal gehaal is om die Groot Piramide van Choefoe te bou.Stadelmann, R., Koningsgraven uit de piramidetijd in Egypte, Het land van de farao's, p. 75
Voor die beeld is 'n halfvoltooide tempel gebou, waarskynlik met klipblokke wat weggekap is. Van die klippe het tot 200 ton geweeg. Farao Amenhotep II (1570-1544 v.C.) het omtrent 1 000 jaar ná die oprigting van die Sfinks ’n nuwe tempel reg langsaan laat bou.
Die kop van die Sfinks beeld waarskynlik Chafra uit en is bedek met 'n koninklike hooftooisel. Die verhouding van die kop is nie heeltemal in verhouding met die liggaam nie, omdat daar bolangs meer erosie voorgekom het. In die oudheid was die Sfinks waarskynlik met helder kleure geverf, soos rooi, blou en geel. Die beeld is al verskeie kere gerestoureer en is erg beskadig.
Oprigting en name duimnael|250px|Die Groot Sfinks gedeeltelik onder sand begrawe, omstreeks die 1870's. duimnael|250px|Met die Groot Piramide op die agtergrond, 2005. Hoewel die Groot Sfinks een van die wêreld se oudste en grootste monumente is, word die feite daaromtrent, soos wanneer dit gebou is en deur wie, steeds betwis. Die Romeinse filosoof Plinius die ouere noem die Groot Sfinks in sy boek Natuurgeskiedenis. Hy sê die Egiptenare het die Sfinks as ’n "godheid" beskou en dat koning Harmais daarin begrawe is.Boek 36, hoofstuk 17, in Die natuurgeskiedenis van Plinius, Volume 6, ble. 336–337 (Londen: H. G. Bohn, 1857)Christiane Zivie-Coche, Sphinx: History of a Monument, ble. 99–100 (Cornell University Press, 2002).
Dit is nie bekend wat die naam van die standbeeld was toe dit gebou is nie, want dit verskyn nie in enige bekende inskripsies van die Ou Ryk nie, en daar is geen ander inskripsies oor die bou van die Sfinks of wat die doel daarvan was nie. In die Nuwe Ryk is dit Hor-em-akhet (Horus van die Horison) genoem, en farao Toetmoses IV (1401–1391 of 1397–1388 v.C.) het dit so genoem in sy Droomstele.
Die naam Sfinks is daaraan gegee sowat 2 000 jaar ná die datum waarop dit vermoedelik gebou is; dit verwys na ’n figuur in die Griekse mitologie met ’n leeu se lyf, ’n vrou se kop en ’n arend se vlerke (hoewel dit nes die meeste Egiptiese sfinkse geen vlerke het nie). Die woord "sfinks" in Afrikaans en ander tale kom van die Antieke Griekse Σφίγξ, sfinks, oënskynlik van die werkwoord σφίγγω, sfingo (om te druk) na aanleiding van die Griekse sfinks wat enigiemand verwurg het wat nie haar raaisel kon oplos nie.
Middeleeuse Arabiese skrywers het aan die Sfinks 'n Arabiese Koptiese naam, Belhib (Arabies: بلهيب) en Belhawiyya (Arabies: بلهويه), gegee. Dit kom van die Egiptiese pꜣ-Ḥwr, 'n naam van die god Horon, met wie dit verbind is. Die moderne Egiptiese Arabiese naam is أبو الهول (ʼabu alhōl, "Die Verskriklike Een"; letterlik "Vader van Vrees"), wat van die Koptiese naam afgelei is.
Geskiedenis Ou Ryk thumb|250px|'n Natuurlike rotsformasie by Farafra, Egipte. Daar is argeologiese bewyse dat die Sfinks omstreeks 2500 v.C. vir farao Chafra, die bouer van die Tweede Piramide by Giza, gebou is. Die beeld is gekap uit een stuk rots uit die plato, wat ook gedien het as steengroef vir van die piramides en ander monumente in die gebied. Die Egiptiese geoloog Farouk El-Baz het voorgestel die kop is eerste uitgekap uit 'n natuurlike rotsrif wat deur die wind geskep is. Die riwwe het soms vorms wat soos diere lyk. El-Baz stel voor die "grag" of "sloot" om die Sfinks is dalk later uitgegrawe om die volle liggaam te skep.Egyptology at the Dawn of the Twenty-first Century: Archaeology; INTERNATIONAL CONGRESS OF EGYPTOLOGISTS, Lyla Pinch Brock; American University in Cairo Press, 2003; pages 70-71
Die stene wat om die Sfinks uitgegrawe is, is gebruik om 'n tempel te begin bou. Die tempel is nooit voltooi nie en die relatiewe skaarste aan kulturele materiaal uit die Ou Ryk dui daarop dat 'n Sfinkskultus toe nog nie gevestig was nie. Selim Hassan, wat in 1949 die destydse uitgrawings om die Sfinks beskryf het, het gesê:
Nuwe Ryk thumb|200px|Die Droomstele uit die Nuwe Ryk tussen die Sfinks se pote.
Die een of ander tyd rondom die Eerste Oorgangstydperk is die Giza-nekropolis verlate gelos en dryfsand het die Sfinks tot by sy skouers toegewaai. Die eerste aangetekende poging om dit uit te grawe, is omstreeks 1400 v.C., toe die jong Toetmoses IV (1401-1391 of 1397-'88 v.C.) 'n span bymekaargekry en die voorpote met groot moeite uitgegrawe het. Hy het tussen die pote 'n altaar opgerig met die Droomstele, 'n granietblok met 'n inskripsie. Toe die stele ontdek is, was die teksreëls reeds beskadig en onvolledig. 'n Aanhaling lui:
Die Droomstele verbind die Sfinks met Chafra, maar dié deel van die teks is beskadig:
Die Egiptoloog Thomas Young het, nadat hy die hiërogliewe vir Chaf ontdek het in 'n beskadigde cartouche (wat gebruik word om 'n koninklike naam te omring), die hiëroglief ra bygevoeg om Chafra se naam te voltooi. Toe die stele in 1925 weer opgegrawe is, was die teksreëls wat na Chaf verwys, verwoes.
Later het Ramses II (1279-'13 v.C.) dalk weer 'n restourasiepoging aangewend.
In die Nuwe Ryk is die Sfinks meer spesifiek met die songod Hor-em-akhet ("Horus-aan-die-Horison") verbind. Farao Amenhotep II (1427-'01 of 1397 v.C.) het 1 000 jaar ná die sfinks se konstruksie 'n tempel aan die noordoostekant laat bou en dit gewy aan die kultus van Hor-em-akhet.Stadelmann, Rainer (2001). "Giza". In Redford, Donald B. (red), The Oxford Encyclopedia of Ancient Egypt. Volume II, p. 29
Grieks-Romeinse tydperk In Grieks-Romeinse tye het Giza 'n toeristebestemming geword – die monumente is as oudhede beskou – en sommige Romeinse keisers het die Sfinks uit nuuskierigheid en vir politieke doeleindes besoek.
Die sand om die Sfinks is weer verwyder in die eerste eeu n.C., ter ere van keiser Nero en die goewerneur van Egipte, Tiberius Claudius Balbilus. 'n Monumentale trap van meer as 12 m wyd is opgerig. Dit het na 'n sypaadjie voor die pote van die Sfink gelei. Aan die bokant van die trap is 'n podium opgerig wat 'n uitsig op die Sfinks-heiligdom gebied het. Verder terug was nog 'n podium en trap. Die trap is verwyder tydens die uitgrawings van 1931-'32 deur Émile Baraize.
Volgens Plinius die ouere was die Sfinks se gesig rooi geverf.
'n Stele met die datum 166 n.C. vier die restourasie van die keermure om die Sfinks. Die laaste keiser wat met die Sfinks verbind is, is Septimius Severus, omstreeks 200 n.C. Met die val van die Romeinse Ryk het die sand weer eens die Sfinks toegewaai.
Middeleeue Sommige antieke nie-Egiptenare het die Sfinks beskou as 'n ewebeeld van die god Horon. Die kultus van die Sfinks het tot in die Middeleeue voortgeduur. Die Sabiërs, 'n godsdiensgroep van Harran, het dit beskou as die plek waar Hermes Trismegistus ('n legendariese Hellenistiese figuur wat ontstaan het as 'n kombinasie van die Griekse god Hermes en die Egiptiese god Thoth) begrawe is. Arabiese skrywers het die Sfinks beskryf as 'n talisman wat die gebied teen die woestyn beskerm.
Die Arabies-Egiptiese historikus Al-Maqrizi beskryf dit as die "talisman van die Nyl", op wie die plaaslike inwoners geglo het die vloedsiklus geskoei was. Die Moslemse geograaf en Egiptoloog Muhammad al-Idrisi het beweer mense wat burokratiese poste in die Egiptiese regering wou hê, het wierookofferandes aan die monument gebring.
Vroeë buitelandse beskrywings Deur die eeue het buitelandse skrywers en geleerdes hulle indrukke en reaksies weergegee nadat hulle die Sfinks gesien het. Die meeste het algemene beskrywings gegee, insluitende 'n mengsel van wetenskap, romatiek en mistiek. Een beskrywing, deur die Amerikaanse skrywer John Lawson Stoddard, het gelui:
Van die 16de tot die 19de eeu het Europese waarnemers beweer die Sfinks het die gesig, nek en bors van 'n vrou. Hulle sluit in Johannes Helferich (1579), George Sandys (1615), Johann Michael Vansleb (1677), Benoît de Maillet (1735) en Elliot Warburton (1844).
Die meeste Europese beelde was boekillustrasies in drukvorm, wat deur 'n professionele graveerder gemaak is van vorige foto's of 'n oorspronklike skets wat deur 'n skrywer verskaf is en nou meestal verlore is. Sewe jaar nadat André Thévet (Cosmographie de Levant, 1556) Giza besoek het, het hy die Sfinks beskryf as "die kop van 'n kolos, wat gemaak is deur Isis, dogter van Inachus, vir wie Jupiter toe so lief was". Hy, of sy kunstenaar of graveerder, het dit uitgebeeld as 'n monster met krulhare en 'n grasagtige hondehalsband. Athanasius Kircher (wat Egipte nooit besoek het nie) het die Sfinks uitgebeeld as 'n Romeinse standbeeld (Turris Babel, 1679). Johannes Helferich (1579) se Sfinks is 'n vrou met 'n vervalle gesig, ronde borste en 'n pruik met reguit hare. George Sandys het gesê die Sfinks is 'n prostituut; Balthasar de Monconys het gedink die hooftooisel is 'n soort haarnet.
Richard Pococke se Sfinks was 'n verwerking van Cornelis de Bruijn se tekening van 1698, met net 'n paar veranderings. Dit is egter nader aan die werklike voorkoms van die Sfinks as enigiets tevore. Die gedrukte weergawes van Norden se tekeninge vir sy Voyage d'Egypte et de Nubie van 1755 wys duidelik die neus is weg.
Moderne uitgrawings thumb|240px|Die Groot Sfinks toe dit gedeeltelik uitgegrawe was (omstreeks 1878). thumb|Die Sfinks omstreeks die 1880's, deur Beniamino Facchinelli.
In 1817 het die eerste moderne uitgrawing, onder toesig van die Italiaanse kaptein Giovanni Battista Caviglia, die Sfinks se bors heeltemal ontbloot.
Menings van vroeë Egiptoloë Vroeë Egiptoloë en uitgrawers het verskil oor die ouderdom van die Sfinks en die tempels wat daarmee verbind word.
In 1857 het Auguste Mariette, stigter van die Egiptiese Museum in Kaïro, die veel later Inventarisstele opgediep (wat na raming uit die 26ste Dinastie, omstreeks 664-525 v.C., dateer). Daarop word vertel hoe Choefoe op die Sfinks afgekom het wat toe al onder die sand begrawe was. Hoewel sekere dele van die stele waarskynlik waar is,Hawass, Zahi. (The Khufu by The Plateau. Besoek op 6 Januarie 2009. word dié paragraaf deur argeologiese bewyse weerspreek, en dit word beskou as historiese revisionisme uit die Laat Tydperk, en dus 'n doelgerigte vervalsing wat deur plaaslike priesters geskep is in 'n poging om aan die destydse Isis-tempel 'n antieke geskiedenis toe te dig wat dit nooit gehad het nie. Sulke dade het algemeen geword toe godsdiensinstellings soos tempels en priesterdomeine meegeding het om politieke aandag en vir finansiële en ekonomiese skenkings.
Flinders Petrie het in 1883 oor die ouderdom van die Chafra-valleitempel, en by uitbreiding die Sfinks, geskryf: "Die datum van die Graniettempel is so positief vasgestel as vroeër as die 4de Dinastie dat dit onbesonne kan lyk om dit te weerspreek. Onlangse ontdekkings het egter bewys dit is werklik nie voor die bewind van Chafra, in die Vierde Dinastie, gebou nie."