Hiram Bingham III (Honolulu, 19 November 1875 - Washington D.C., 6 Junie 1956) was 'n Amerikaanse argeoloog en ontdekkingsreisiger wat Machu Picchu herontdek het. Later in sy lewe was hy 'n goewerneur en senator.

Bingham was 'n professor in geskiedenis by die Yale-universiteit. In 1911 onderneem hy 'n ontdekkingsreis na die Peruviaanse Andes. Op 24 Julie van dieselfde jaar ontdek hy die Machu Picchu-ruïnes. In die daaropvolgende vyf jaar het hy duisende artifakte, soos keramiek, beendere en kunswerke na Yale geneem. Argeoloë glo dat Machu Picchu deur die Inka-keiser Pachacutec as 'n seremoniële sentrum en sterrewag gebou is. Die Inka-sitadel, geleë op 'n berg wat 2 440 m hoog is, is oorspronklik in die 1500's gebou.Artefakte weer tuis, Die Republikein, 20 September 2007

Later word hy namens die republikeinse party goewerneur van die Amerikaanse staat Connecticut. Hy lê egter die amp na enkele dae neer om 'n lid van die Amerikaanse Senaat te word.

Bingham se persoonlikheid en lewe is as personage vir Indiana Jones en die gelyknamig rolprente gebruik.http://www.usatoday.com/travel/destinations/2005-09-22-peru_x.htm The trail less trampled on in USA Today deur Gene Sloan, 23 September 2005:

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse goewerneurs Kategorie:Amerikaanse ontdekkingsreisigers Kategorie:Ontdekkingsreisigers van Suid-Amerika Kategorie:Argeoloë Kategorie:Connecticut Kategorie:Geboortes in 1875 Kategorie:Sterftes in 1956