James Leonard Brierley Smith (26 Oktober 1897 – 7 Januarie 1968), meer bekend J.L.B. Smith, was 'n Suid-Afrikaanse igtioloog, organiese skeikundige en professor. Hy het bekend geword toe hy die selakant geïdentifiseer het. Daar is vroeër geglo dat die Selakant reeds uitgesterf het. Hy het verskeie publikasies die lig laat sien waarvan die bekendste is.

Biografie Smith verwerf 'n meesters in chemie aan die Universiteit Stellenbosch en 'n doktoraal in filosofie aan die Universiteit van Cambridge. Met sy terugkeer na Suid-Afrika doseer hy aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad in die Oos-Kaap.

Sy belangstelling in igtiologie ontstaan tydens ‘n strandvakansie, waar hy as gevolg van swak gesondheid ontspan het.

duimnael|links|280px|Latimer met die selakant wat sy ontdek het. In 1938 hoor Smith dat Marjorie Courtenay-Latimer ‘n selakant gevind het. Hy ondersoek die vis in Februarie 1939, waarna hy dit identifiseer. Die vis is na die ontdekker daarvan vernoem, Latimeria.

Smith het saam met sy vrou aan die boek Sea Fishes of South Africa (1949) gewerk, waarna verskeie ander titels tot in 1968 verskyn het.

In 1968 pleeg Smith na 'n lang tydperk van siekte selfmoord deur sianied te neem. Sy vrou het later die JLB Smith Instituut vir Igtiologie in Grahamstad gestig.

Boeke Sea Fishes of South Africa (met Margaret M. Smith, wat ook meeste illustrasie geteken het), Central News Agency Ltd, 1949 Old Fourlegs - The Story of the Coelacanth, Longmans & Green, 1956 The fishes of the Seychelles (met Margaret M. Smith), Rhodes Universiteit, 1963 Fishes of the Tsitsikama Coastal National Park (met Margaret M. Smith), National Board of Trustees, 1966 High Tide, Books of Africa, 1968 Our Fishes'' (met Margaret M. Smith), Voortrekkerpers, 1968

Eksterne skakels

Korrespondensie tussen Smith en Courenay-Latimer Kort biografie (met foto's) Instituut vir Igtiologie

Kategorie:Suid-Afrikaanse bioloë Kategorie:Suid-Afrikaanse dade van selfmoord Kategorie:Igtioloë Kategorie:Geboortes in 1897 Kategorie:Sterftes in 1968