Lyttelton Manor is 'n voorstad in die ooste van Centurion, sowat 10 km suid van Pretoria-Sentraal, Suid-Afrika, geleë. Dit word begrens deur Kloofsig, Die Hoewes en Doringkloof-woonbuurte en grens aan die Waterkloof Lugmagbasis asook Groenkloof-natuurreservaat.

Die hoofstraat is Bothalaan wat noordwaarts na die Fonteinedal loop, en die belangrike Unitas-hospitaal is ook in die buurt geleë.

Sien ook Hoërskool Lyttelton Manor

Verwysings

kategorie:Voorstede van Pretoria Kategorie:Centurion