Inanda (Zoeloe: Aangename Plek) is 'n groot woongebied 24 km wes van Durban in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit in die KwaZulu-Natalprovinsie van Suid-Afrika.

Geografie duimnael|links|upright|Nelson Mandela stem tydens die algemene verkiesing van 1994 in Inanda Nabygeleë gemeenskappe sluit KwaMashu en Ntuzuma in, bykomend tot die groot stad Durban. Inanda beslaan 'n groot gebied en is onderverdeel in kleiner woonbuurte, soos Inanda Newtowns A, B en C; Inanda Glebe; Amaoti; en Emachobeni. Dube Village het iewat van 'n toeriste-aantreklikheid geword as gevolg van die ryk historiese verband met John Langibalele Dube, die eerste president van die African National Congress (ANC).

Aan die noordoostekant van Inanda is Phoenix, 'n blyplek/plaas gestig in 1904 deur Mahatma Gandhi, 'n Indiër politieke aktivis in Suid-Afrika tussen 1893 en 1914. Phoenix het gedien as basis vir sy sosiale hulpprogramme en sy bedrywighede van verset teen die ou landsregering.

Bekende boorlinge John Langalibalele Dube (1871–1946), eerste president van die SANNC Pixley ka Isaka Seme (1881–1951), president van die ANC 1930–1936 Busi Mhlongo (1947–2010), Sangeres en liedjieskryweres

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal