WOH G64 is ’n rooi hiperreusester in die Groot Magellaanse Wolk, ’n satelliet-sterrestelsel van die Melkweg, in die suidelike sterrebeeld Swaardvis. Dit is 168 000 ligjare van die Aarde af en is een van die grootste bekende sterre, met ’n radius van 1 540 keer dié van die Son, of sowat 1,07 miljard kilometer (7,14 AE). Sy volume is sowat 3,65 miljard keer groter as die Son s'n. As dit in die middel van die Sonnestelsel geplaas sou kon word, sou dit Jupiter ingesluk het.

Eienskappe Die groot massaverlies van WOH G64 het ’n torusvormige wolk geskep met ’n deursnee van sowat ’n ligjaar en ’n massa van drie sonmassas. Die wolk kon gevorm gewees het vanweë massa-uitbarstings van die ster ’n paar miljoen jaar gelede.

Die ster is in die 1970's deur Westerlund, Olander en Hedin ontdek. Nes die geval is met NML Cygni, kom die "WOH" in die naam van die drie ontdekkers, maar dit verwys in dié geval na ’n hele kategorie van reuse- en superreusesterre in die Groot Magellaanse Wolk. Westerlund het ook die hiperreus Westerlund 1-26 ontdek wat in die swaar supersterreswerm Westerlund 1 in die sterrebeeld Altaar voorkom; dit het dieselfde grootte en eienskappe as WOH G64.

Die kombinasie van die ster se temperatuur en helderheid plaas dit in die boonste regterhoek van die Hertzsprung-Russell-diagram. Die stofwolke maak dit baie moeilik om die ster te bestudeer. Dit kan dalk selfs ’n baie warm metgesel hê,Levesque, E. M.; Massey, P.; Plez, B.; Olsen, K. A. G. (2009). "The Physical Properties of the Red Supergiant Woh G64: The Largest Star Known?". The Astronomical Journal 137 (6): 4744. arXiv:0903.2260. Bibcode:2009AJ....137.4744L. doi:10.1088/0004-6256/137/6/4744 hoewel dit glad nie bevestig is nie.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:M-tipe hiperreuse Kategorie:Swaardvis (sterrebeeld) Kategorie:Magellaanse Wolke Kategorie:Sterre buite die Melkweg