Longembolisme 'n embolie (afsluiting) van 'n longslagaar (arteria pulmonalis). Dit belemmer die vloei van bloed en die long word nie van voldoende suurstof voorsien nie. Dit het ernstige gevolge vir suurstofopname, maar tot 'n mindere mate vir die aangetaste deel van die long self. Dit word meestal deur bloedklonte veroorsaak, maar kan ook deur klonte kankerselle, vet of been veroorsaak word. duimnael|Groot longembolisme by die vertakking van die longslagaar Simptome sluit in: skielike kortasem, vinnige asemhaling, borspyn en die hoes van bloed. In seldsame gevalle kan dit versnelde hartklop, lae bloeddruk, skok en selfs dood veroorsaak.
Daar is twee kategorieë van longembolisme: akute- en chroniese longembolisme. Akute longembolisme is gewoonlik skielik, terwyl chroniese longembolisme langdurig is.
Dit word algemeen met teen-stollingmiddels behandel, wat help dat die bloed nie stol en klonte veroorsaak nie.
Sien ook Asemhalingstelsel Organe van asemhalingstelsel Longe Longontsteking
Bron KENNIS, 1980, vol 5, bl. 984,
Kategorie:Asemhalingsiektes