Sir Seretse Khama (1921–1980) was die eerste president van Botswana. Hy is op 1 Julie 1921 in Serowe gebore en was die kleinseun van die beroemde stamhoof Khama III van die Bamangwato.

Hy trou in 1948 met Ruth Williams Khama wie hy in Londen ontmoet het; hulle het vier seuns, waarvan Ian en Tshekedi tans in die regering van Botswana (Ian as president) dien.

Hy sterf op 13 Julie 1980 in Gaborone aan kanker van die pankreas. Die Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe is na hom genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Botswana Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 1980