SMSS J031300.36-670839.3 (afgekort as SM0313) is ’n ster in die Melkweg wat 6 000 ligjare van die Aarde af lê. Met ’n ouderdom van sowat 13,6 miljard jaar is dit die oudste bekende ster in die heelal.

Die ster het sowat 100 miljoen tot 200 miljoen jaar ná die Groot Knal ontstaan. Sy baie lae ysterinhoud (minder as ’n tien miljoenste van die Son s’n) dui daarop dat dit ’n eerstegenerasie-populasie II-ster is wat gevorm is uit ’n gaswolk wat deur een van die heel eerste sterre voortgebring is. SMSS J031300.36-670839.3 het ook veel meer koolstof as yster, meer as duisend keer soveel. Benewens waterstof, wat in die Groot Knal gevorm is, bevat die ster ook magnesium en kalsium wat in ’n kleinerige supernova gevorm het. Geen suurstof of stikstof is waargeneem nie. Dit is ’n klas K-dwergster.

Die ster is deur ’n span sterrekundiges onder leiding van die Australiese Nasionale Universiteit ontdek. Die ontdekking is op 9 Februarie 2014 in die tydskrif Nature aangekondig. Dit is ’n aanduiding dat die supernovas van eerstegenerasiesterre nie so kragtig was as wat eers geglo is nie.

Verwysings

Kategorie:K-tipe sterre Kategorie:Suidelike Waterslang