Guantanamobaai (Engels: Guantánamo Bay, Spaans: Bahía de Guantánamo) is 'n baai geleë in die Guantanamoprovinsie aan die suidoostelike kant van Kuba. Dit huisves die grootste hawe aan die suidekant van die eiland, en word omring deur steil heuwels wat 'n enklawe vorm wat van sy onmiddellike hinterland afgesny is.
duimnael|links|Lugfoto van Guantanamobaai Die Verenigde State van Amerika verkry territoriale beheer oor die suidelike gedeelte van Guantanamobaai onder die Kubaans-Amerikaanse verdrag van 1903. Die VSA oefen volledige jurisdiksie en beheer oor hierdie gebied uit, terwyl dit steeds erken dat Kuba uiteindelike soewereiniteit daaroor besit. Die huidige regering van Kuba verklaar die Amerikaanse teenwoordigheid in Guantanamobaai as onwettig en dring daarop aan dat die Kubaans-Amerikaanse verdrag beding is ná dreigemente van geweld; dat dit ook in stryd is met die internasionale reg. Sommige wetsgeleerdes vermoed dat die huurkontrak nietig kan wees. Dit is die tuiste van die Guantanamobaaigevangenekamp, wat beheer word deur die Verenigde State van Amerika. De Zayas, Alfred. (2003.) The Status of Guantánamo Bay and the Status of the Detainees.
VSA se beheer oor Guantanamobaai Die Amerikaners het reeds op Guantanamobaai beslag gelê tydens die Spaans-Amerikaanse Oorlog in die Slag van Guantanamobaai.Nofi, A.A., 1996, The Spanish-American War, 1898, Pennsylvania: Combined Books, In 1898 word 'n Amerikaanse vlootbasis hier gestig. Die VSA en Kuba het in 1903 'n huurkontrak onderteken wat toestemming aan die Amerikaanse regering gee om die grond vir steenkoolontginning en as 'n vlootbasis te gebruik. Die huurkontrak voldoen aan die Platt-wysiging; hierdie wysiging stel dat 'n vlootbasis met "sekere spesifieke punte waarop ooreengekom is deur die president van die Verenigde State van Amerika" nodig is om "die VSA in staat te stel om die onafhanklikheid van Kuba in stand te hou". Die VSA en Kuba onderteken 'n verdrag in 1934 wat aan die VSA 'n ewigdurende huurkontrak toestaan, maar private ondernemings word egter nie onder die verdrag toegelaat nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Baaie Kategorie:Geografie van Kuba Kategorie:Karibiese See