'n Repeterende breuk is 'n breuk waar die desimale getal 'n sekere reeks herhaal en dus 'n duidelike patroon vorm.
'n Repeterende breuk is 'n rasionale getal (kyk #Repeterende desimale getal as breuk)
Repeterende breuke word normaalweg afgerond, en slegs 'n sekere aantal syfers word genoteer. So word 2/3 afgerond op: 2 desimale as 0,67 5 desimale as 0,66667
'n Ander skryfwyse is om 'n streep bokant repeterende gedeelte te trek. Byvoorbeeld:
of
Op rekenaars is die streepnotasie egter nie so maklik nie, en word 'n skuinsstreep (/) vóór die eerste en na die laaste syfer van die repeterende gedeelte geplaas. As voorbeeld:
2/3 word 0,/6/ dus 0,6666666... 1/7 word 0,/142857/ dus 0,14285714285714... 7/30 word 0,2/3/ dus 0,2333333...
Repeterende desimale getal as breuk
Om 'n repeterende desimale getal as 'n breuk te skryf, word soos volg tewerk gegaan:
Stap 1: Stel X as die repeterende getal
Stap 2: Stel nou die volgende vergelyking op:
waar:
- Die repeterende getal - Die hoeveelheid syfers wat repeteer. Bv as X = 0.111... = 0./1/, dan is y = 1 en as X = 0.123123... = 0./123/ dan is y = 3. - Kies n so klein as moontlik sodat Y 'n heelgetal is (sien voorbeelde hier onder). - Berekende getal (heelgetal)
Stap 3: Bereken Y deur X te vervang met die repeterende desimaal.
Stap 4: Bereken X deur Y te vervang met die berekende waarde
(Kyk voorbeelde hieronder vir meer duidelikheid.)
Voorbeeld 1
Gestel die repeterende getal is 0./1/ of 0.11111...
Stel X = 0.111... y = 1 Kies n = 1
Dus:
Dus is:
Stel die twee vergelyking hierbo gelyk aan mekaar en los op vir X (wat die repeterende getal is):
Voorbeeld 2
Gestel die repeterende getal is of 0.0208/3/ of 0.0208333...
Stel X = 0.0208333... y = 1 Kies n = 5
Dus:
Dus is:
Stel die twee vergelyking hierbo gelyk aan mekaar en los op vir X (wat die repeterende getal is):
Voorbeeld 3
Gestel die repeterende getal is of 0.3/123/
Stel X = 0.3/123/ y = 3 Kies n = 4
Dus:
Dus is:
Stel die twee vergelyking hierbo gelyk aan mekaar en los op vir X (wat die repeterende getal is):
Kategorie:Elementêre wiskunde Kategorie:Getallestelsels