Die Bastertambotie (Cleistanthus schlechteri) ook bekend as valstambotie is 'n boom inheems aan Suid-Afrika. Dit kom in Suid-Afrika slegs voor in die Nwambiya-sandveld suid van Pafuri tot by die Mosambiekgrens van die Krugerwildtuin, maar word ook in Oos-Afrika tot in Kenia aangetref. Dit behoort tot die familie Phyllanthaceae.
Die boom se FSA-nommer is 320.
Beskrywing Boom Dit is 'n klein (6 m) bladwisselende boom met 'n enkele of spruitende hoofstam, taamlik regop met 'n minimaal verspreide kroon. Die boom het heelwat takke en kleiner takkies. Die stam is 'n vaal-geelgrys en die bas kraak in klein, min-of-meer reghoekige blokkies.
Blare Eenvoudig, gedra op baie kort, knoestige, laterale takkies. Blare baie klein, ovaal tot eierrond, glad, kaal, donkergroen en blink aan die bokant.
Blomme Blomme word deur albei geslagte gedra op aparte bome in klein trosse, geelgroen tot liggroen; (Oktober/November).
Vrugte Kapsules van 1,0 x 0,8 cm, kaal en blink; bruin tot donkerbruin wanneer dit ryp is (Januarie/Februarie).
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Phyllanthaceae Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe