Die Amerikaanse Lugmag (Engels: United States Air Force, afgekort USAF) is dié deel van die Amerikaanse Gewapende Magte wat primêr verantwoordelik is vir oorlogvoering in die lug. Die Amerikaanse Lugmag word 'n afsonderlike weermagonderdeel op 18 September 1947. Voorheen was dit 'n deel van die Leër bekend as die United States Army Air Forces (USAAF).

Die Amerikaanse Lugmag is die tegnologies meesgevorderde lugmag ter wêreld.

Op 31 Desember 2010 het die Amerikaanse Lugmag 333 772 soldate op aktiewe diens, insluitend 63 310 vroue. 'n Verdere 70 880 reserwesoldate was op die register.

Doelstellings Die taak van die lugmag was van meet af aan redelik divers: lugsuperioriteit, kernaanval, ondersteuning van die Leër en strategiese lugbrûe is maar 'n paar hiervan. Hiervoor is die lugmag verdeel in verskillende onderdele vir die noodsaaklike operasies in Europa en Asië, naamlik die Amerikaanse Lugmag in Europa en die Amerikaanse Lugmag in die Stille Oseaan.

In Nederland was daar vir 'n geruime tyd 'n lugverdedingseskader te Soesterberg gestasioneer, die 32ste (taktiese) Gevegseskader. Hulle taak was om die Nederlandse lugruim te beskerm teen indringers van die Warskoulande. Dit was die enigste eskader van die Amerikaanse Lugmag wat ooit onder die operasionele bevel van 'n ander land gestaan het. Teen die einde van die Koue Oorlog is die eskader onttrek en ontbind.

Offisiersrange SalarisskaalO-1O-2O-3O-4O-5O-6O-7O-8O-9O-10Spesiaal1 Kenteken 15px 15px 45px 45px 45px 45px 45px 45px 75px 95px 75px Titel TweedeLuitenant Luitenant Kaptein Majoor Luitenant-kolonel Kolonel Brigadier-generaal Generaal-majoor Luitenant-generaal Generaal Generaalvan die Lugmag Afkorting2de LtLtKaptMajLt-KolKolBrig-GenlGenl-MajLt-GenlGenlGAF NAVO-kode OF-1OF-2OF-3OF-4OF-5OF-6OF-7OF-8OF-9OF-101 Slegs toegeken gedurende tye van verklaarde oorlog.

Lugmanskappe SalarisskaalE-1E-2E-3E-4E-5E-6E-7E-8E-9Kenteken Geenkenteken 47px 47px 47px 47px 47px 44px 44px 44px 44px 44pxTitel BasieseLugman Lugman Lugman1ste klas SeniorLugman Staf-Sersant TegnieseSersant Meester-Sersant SeniorMeester-Sersant Hoofmeester-Sersant Bevels-hoofmeesterSersant HoofmeesterSersantvan die LugmagAfkortingsABAmnA1CSrASSgtTSgtMSgtSMSgtCMSgtCCMCMSAFNAVO-kodeOR-1OR-2OR-3OR-4OR-5OR-6OR-7OR-8OR-9OR-9OR-9

Galery

Verwysings

Lugmag Kategorie:Lugmagte