duimnael|225px|’n Voorstelling van die sterrebeeld Koetsier. Die galaktiese antisentrum is ’n teoretiese punt in die lugruim regoor die middelpunt van die Melkweg. Dit is nie ’n vaste punt nie, maar relatief; dit verskil van waarnemer tot waarnemer, na gelang van sy posisie.Majaess D. J., Turner D. G., Lane D. J. (2009). Characteristics of the Galaxy according to Cepheids, MNRAS Dit is ook nie beperk tot ’n sekere plek in die lugruim nie. Twee voorwerpe in verskillende sterrestelsels kan albei in die galaktiese antisentrum lê, solank hulle in die teenoorgestelde rigting as die Melkweg se middelpunt voorkom (nes sterre in ’n sterrebeeld in heeltemal verskillende dele van die lugruim kan voorkom, maar visueel naby mekaar lê).

Uit die oogpunt van ’n waarnemer op aarde lyk dit of die galaktiese antisentrum in die sterrebeeld Koetsier lê, en Alnath is die naaste helder ster aan dié punt.

Verwysings

Kategorie:Melkweg