duimnael|links|200px|Lede van die Amerikaanse Marinierskorps vuur op die vyand tydens Operasie Moshtarak in Afghanistan. duimnael|links|200px|'n Amerikaanse Marinier doen diens as sekuriteitswag by 'n V.S.A ambassade in 2004.
Die Amerikaanse Marinierskorps (Engels: United States Marine Corps, afgekort USMC) is die marinierskorps van die Verenigde State en deel van die Amerikaanse Gewapende Magte.
Hoewel die korps hom oorspronklik hoofsaaklik besig gehou met die veiligheid aan boord van oorlogskepe, en met oorlogvoering deur middel van landings in kusgebiede vanuit die see, het dit ontwikkel tot 'n bruikbare, veeldoelige elite-gevegsmag binne die Amerikaanse Gewapende Magte.
Die Marinierskorps is op één na die kleinste van die vyf dele van die gewapende magte (die Leër, Vloot, Marinierskorps, Lugmag, en die Kuswag) met 201 031 mariniers in aktiewe diens, en nog 40 000 reserviste (2009). Slegs die Kuswag is kleiner. Nogtans is die Amerikaanse Marinierskorps groter as die gewapende magte van baie ander lande, ook groter as die Britse Weermag.
Die korps het sy eie lugvaartafdeling (Marinierskorpslugvaart), wat meer vegvliegtuie besit as die lugmagte van die meeste ander lande.
Die korps val, net soos die Amerikaanse Vloot, onder die departement van die vloot, wat gelei word deur 'n minister (minister van die vloot) en 'n adjunkminister. Die departement van die vloot val saam met die departement van die leër, van die lugmag en van die ruimtemag, onder die departement van verdediging.
Verwysings
Marinierskorps Kategorie:Vlote