Woestynsand is 'n helder taankleur wat ooreenstem met die kleur van 'n woestyn se sand. Dit kan ook beskou word as 'n diep skakering van beige.

In 1998 het Crayola 'n krytkleur genaamd "woestynsand" begin maak.Crayola crayon colors

Die kleur regs stem ooreen met die ligste van die drie kleure in die 3-kleurige woestynkamoefleeruniform van die Verenigde State van Amerika Gewapende Magte,Three Color Desert Camouflage Pattern (blaai halfpad ondertoe op die webbladsy): wat sedert 1990 die 6-kleurige Desert Battle Dress uniform vervang het.

Kleurkoördinate Volgens verskeie kleurskemas word woestynsand as volg voorgestel: ModelKoördinateHeksadesimale kode#EDC9AFRGB-kleurmodel(237, 201, 175)CMYK(0, 15, 26, 7)HSV(25°, 26%, 93%)

Sien ook Lys van kleure

Verwysings

Kategorie:Kleure