Torsten van Jaarsveld (*30 Junie 1987, Windhoek) is 'n Namibiese rugbyspeler wat vir die Cheetahs as haker en flank in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebekerreeks speel. Hy het voorheen vir die Pumas en die Valke gespeel. Van Jaarsveld het in 2012 vir die Suid-Afrikaanse Noordelike Barbarians teen Engeland gespeel waarna hy hom in 2013 by die Vrystaat aangesluit het. Van Jaarsveld is aangewys as die Vrystaat se Curriebekerkaptein vir 2014. Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023 vir Namibië uitgedraf.
Verwysings
Eksterne skakels
itsrugby.co.uk-profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Namibiese rugbyspelers