Die Sesmylspruit is 'n rivier in Gauteng, Suid-Afrika.
Ontstaan en roete Die spruit ontstaan as die Rietvleirivier oos van Kempton Park en vloei noordwaarts deur 'n aantal vleilande tot in die Rietvleidam. By die uitloop van die Rietvleidam word dit die Sesmylspruit genoem.Braid, Samantha, and Ryan Nawn Van daar af vloei dit weswaarts tot waar dit by die Olifantspruit aansluit, suid van Irene. Van hierdie punt af word dit die Hennopsrivier genoem.Braid, Samantha, and Ryan Nawn
Geskiedenis Die gedeelte van die Hennopsrivier wat deur Centurion vloei was ook voorheen bekend as die Sesmylspruit.H.W. Rex Die destydse Verwoerdburgse stadsraad het besluit dat die rivier in sy munisipale gebied net as die Hennopsrivier bekend sal staan. Pretoria se stadsraad was sterk gekant teen enige verandering aan die naam Sesmylspruit omdat dit belangrike historiese waarde vir die stad het.
Bronne Pretoriana, no. 69/70, Aug 1972, SIX MILE SPRUIT Bl. 4 Genootskap Oud-Pretoria, Besoek op 25 Junie 2014.
Verwysings
Kategorie:Krokodilrivier (Limpopo)