The Bronx is die mees noordelike stadsdeel (Engels: borough) en een van vyf munisipaliteite van New York. Dit het 'n geskatte bevolking van 1 455 720 in 2016 gehad en 'n oppervlakte van 150 km². Dit grens aan Manhattan in die suide. Die stadsteel is na Jonas Bronck genoem.
The Bronx word deur die Bronxrivier verdeel in ’n heuwelagtige deel in die weste en ’n platter oostelike deel. Oos en wes se straatname word verdeel deur Jeromelaan – ’n uitbreiding van Manhattan se Fifth Avenue. The West Bronx is in 1847 by New York ingelyf en die dele oos van die Bronxrivier in 1895.Lloyd Ultann, Bronx Borough Historian, "History of the Bronx River," Paper presented to the Bronx River Alliance, November 5, 2002 (notes taken by Maarten de Kadt, November 16, 2002), besoek op 29 Augustus 2008. Die Bronxdistrik is in 1914 van die distrik New York geskei.On the start of business for Bronx County: Bronx County In Motion. New Officials All Find Work to Do on Their First Day. The New York Times, 3 Januarie 1914 (PDF Besoek op 26 Junie 2008)
Sowat ’n kwart van die Bronx-gebied is oop ruimtes,Ladies and gentlemen, the Bronx is blooming! deur Beth J. Harpaz, reisredakteur van Associated Press (AP), 30 Junie 2008, besoek op 11 Julie 2008 insluitende die Woodlawn-begraafplaas, Van Cortlandt-park, Pelham Bay-park, die New Yorkse Botaniese Tuin en die Bronx-dieretuin in die noorde en middel van die munisipaliteit. Hierdie oop gebiede kom voor op grondgebied wat laat in die 19de eeu met opset uitgehou is terwyl stedelike uitbreiding van Manhattan af noord- en ooswaarts voortgeduur het.
The Bronx is ook waar die Yankee-stadion (waar die New York Yankies bofbal speel) geleë is. Die persepsie bestaan dat dit ’n arm deel van die stad is waar misdaad hoogty vier, maar dis nie in die hele Bronx die geval nie.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:New York (stad)