Asetoon (sistematiese naam propanoon) is 'n organiese verbinding met die formule (CH3)2CO. Dit is 'n kleurlose, hoogs vlugtige, vlambare vloeistof, en is die eenvoudigste ketoon bekend.

Asetoon is mengbaar met water en dien as 'n belangrike oplosmiddel in sy eie reg, tipies vir skoonmaakdoeleindes in die laboratorium. In 2010 is ongeveer 6.7 miljoen ton wêreldwyd geproduseer, hoofsaaklik vir gebruik as 'n oplosmiddel en die produksie van metielmetakrilaat en bisfenol A.Acetone, World Petrochemicals report, Januarie 2010 Stylianos Sifniades, Alan B. Levy, "Acetone" in Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry, Wiley-VCH, Weinheim, 2005. Dit is 'n algemene boublok in die organiese chemie. Bekende alledaagse gebruike van asetoon is as naellakverwyderaar en verfverdunner.

Asetoon word deur die menslike liggaam geproduseer en uitgeskei deur middel van normale metaboliese prosesse. Dit is algemeen teenwoordig in die bloed en urine. Mense wat aan diabetes (suikersiekte) lei, vervaardig dit in groter hoeveelhede. Swanger vroue, borsvoedende moeders en kinders toon hoër vlakke van asetoon.American Chemistry Council, Acetone VCCEP Submission, 10 September 2003, p. 9 'n Ketogeniese dieet, wat asetoonvlakke verhoog in die liggaam, word gebruik om epileptiese aanvalle in babas en kinders te verminder.

Sien ook lys van oplosmiddels

Verwysings

Kategorie:Alkanone