Posttraumatiese stressteuring of PTSS kan ontwikkel nadat ’n persoon blootgestel is aan een of meer traumatiese gebeure soos seksuele geweld, oorlog, ’n groot besering of doodsdreigement waardeur hulle ’n intense vrees of magteloosheid ervaar het. Die diagnose kan gemaak word wanneer ’n groep simptome vir meer as ’n maand ná die gebeure voortduur, soos ontstellende, herhaalde terugflitse, die vermyding van herinneringe aan die gebeure en ’n gereedheid om te vlug.

Statistieke Die meeste mense wat ’n traumatiese gebeurtenis beleef het, sal nie PTSS ontwikkel nie. Vroue is meer geneig om die slagoffers van gewelddadige situasies te wees en dus meer geneig om PTSS te ontwikkel as mans. Kinders is minder geneig om dit te ontwikkel as volwassenes, veral as hulle jonger as tien jaar is. Oorlogsveterane het ’n groter risiko.

Klassifikasie Posttraumatiese stressteuring word geklassifiseer as ’n angssteuring in die DSM-5. Die persoon vermy gewoonlik enige gedagtes en emosies, en weier om oor die traumatiese gebeure te praat of kan dit dikwels nie onthou nie. Dit ry hom/haar egter tydens terugflitse en nagmerries.; aanlyn. Die simptome word as akuut beskou as dit vir korter as drie maande duur, en chronies as dit langer duur. Vertraagde simptome kan ná ses maande of selfs jare voorkom.

Verwysings

Eksterne skakels Bronne vir die publiek Bronne vir beroepslui

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geestesteurings