Persoonlikheidsteurings is ’n groep geestesteurings wat gekenmerk word deur langdurige wanaangepaste patrone van optrede, bewussyn en ander innerlike ondervindings. Daar kan op verskeie maniere daaraan uiting gegee word en dit verskil gewoonlik aansienlik van wat in die persoon se kultuur aanvaarbaar is. Dié patrone ontwikkel vroeg, is onbuigsaam en word verbind met ’n taamlike angs of stremming. Die definisies kan verskil van bron tot bron.
Simptome Persoonlikheid, soos in die sielkunde gedefinieer, is ’n stel langdurige eienskappe wat optrede en denke betref wat mense van mekaar onderskei. Persoonlikheidsteurings word dus bepaal deur ondervindings en optrede wat verskil van dié van die gemeenskap of van dit wat die gemeenskap verwag. Mense met sulke steurings kan probleme ondervind met emosies, interpersoonlike optrede of die beheer van drange, en dit kan lei tot ander probleme soos angs of depressie.Kernberg, O. (1984). Severe Personality Disorders. New Haven, CT: Yale University Press, .
Persoonlikheidsteurings word oor die algemeen gediagnoseer in 40–60% van psigiatriese pasiënte, en dit is dus die sielkundige diagnose wat die meeste gemaak word.Saß, H. (2001). "Personality Disorders," pp. 11301-11308 in Smelser, N. J. & Baltes, P. B. (eds.) International encyclopedia of the social & behavioral sciences, Amsterdam: Elsevier
Klassifikasie Algemene persoonlikheidsteurings kan in drie groepe verdeel word. Die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings vermeld 10 persoonlikheidsteurings:
Groep A Vreemde of eksentrieke gedrag Paranoïese persoonlikheidsteuring Skisoïede persoonlikheidsteuring Skisotipiese persoonlikheidsteuring
Groep B Teatraal, emosioneel of grillerig Antisosiale persoonlikheidsteuring Grenslynpersoonlikheidsteuring Teatrale persoonlikheidsteuring Narsistiese persoonlikheidsteuring
Groep C Gespanne of angstige gedrag Ontwykende persoonlikheidsteuring Afhanklike persoonlikheidsteuring Obsessief-kompulsiewe persoonlikheidsteuring (moenie verwar word met obsessief-kompulsiewe steuring nie)
Verwysings
Eksterne skakels Institute for Advanced Studies in Personology and Psychopathology Personality Disorders Foundation National Personality Disorder webwerf vir Engleand Dangerous severe personality disorder National Mental Health Association personality disorder fact sheet Personality Disorders information leaflet van die Royal College of Psychiatrists
Kategorie:Geestesteurings