Skukuza-lughawe (IATA-kode: SZK, ICAO: FASZ) is 'n klein lughawe wat die Krugerwildtuin in Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika bedien. Dit is geleë net noord van Skukuza op die Tshokwanepad.
Die lughawe is in 1958 geopen en is genoem ter ere van kol. James Stevenson-Hamilton, die eerste bewaarder van die Krugerwildtuin. In 2018 is die lughawe deur Forbes as "die mooiste lughawe ter wêreld" gedoop.
Fasiliteite Die lughawe lê 311 meter (1020 voet) bo seevlak en beskik oor een geteerde aanloopbaan (aangedui as 17/35) van 1550 meter lank. Volgens nuusberigte is daar in 2014 'n netjiese nuwe terminaalgebou by die lughawe opgerig, wat in die styl is van die luukse lodges wat dit bedien.Wild Card Blog: Skukuza flights to resume after 10 years URL besoek op 15 Junie 2014
Die lughawe het 'n klein geskenkwinkel sowel as 'n koffiewinkel en kroeg vir besoekers wat op hul vlugte wag. Drie inkloktoonbanke is beskikbaar, en daar is ook rusbanke beskikbaar.
Geskeduleerde vlugte duimnael|links|Avro RJ85 vliegtuig soortgelyk aan die waarmee Airlink na Skukuza vlieg. Airlink vlieg sedert 2 Junie 2014 daagliks na/van O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, (359 km ver in 'n direkte lyn), asook na/van die Kaapstad Internasionale Lughawe.Airlink – Skukuza open vir besprekings URL besoek op 15 Junie 2014
Landvervoer
Avis Rent a Car bestuur die motorhuurfasiliteite by beide Skukuza-kamp en Skukuza-lughawe. Benewens die huurfasiliteit by die lughawe, verskaf hulle 'n pendeldiens na die hoofkamp. Lion Sands Reserve bied gratis pendeldienste vanaf Skukuza-lughawe vir gaste na hul reservaat.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels Skukuza-lughawe World Aero Data vir Skukuza
Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika