duimnael|links|Strand aan die Rio Purus in Acre duimnael|links|Die Rio Purus in Santa Rosa do Purus, Acre Die Rio Purus (Spaans: Río Purús) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 960 km, vloei deur Peru en die Brasiliaanse deelstate Acre en Amazonas.
Die Río Purús ontstaan uit die saamvloei van die Río Curiuja en die Río Cujar in die oostelike Peruaanse streek Ucayali naby die grens tot Brasilië, sowat 320 km noord van Cusco. Aansluitend vloei die rivier in noordoostelike rigting parallel tussen die Rio Juruá in die weste en die Rio Madeira in die ooste deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië. Sowat 150 km wes van Manaus mond die Rio Purus in die Amasonerivier uit.
Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Río Chandless (regs) Rio Laco (regs) Rio Acre (regs) Rio Inauini (links) Rio Pauini (links) Rio Sepatini (regs) Rio Ituxi (regs) Rio Mucuim (regs) Rio Tapauá (links) Rio Itapapaná (regs) Rio Ipixuna (regs)
Verwysings
Kategorie:Acre Kategorie:Amazonas Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Riviere in Peru