duimnael|links|Die Rio Juruá in die dorp Juruá, Amazonas duimnael|links|Lugbeeld van die Rio Juruá in die Amasone-bekken Die Rio Juruá (Spaans: Río Yuruá) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 3 100 km, vloei deur Peru en die Brasiliaanse deelstate Acre en Amazonas.
Die Río Yuruá ontspring in die oostelike Peruaanse streek Ucayali naby die grens tot Brasilië. Aansluitend vloei die rivier in noordwestelike rigting en bereik naby Foz do Breu Brasilië. Vanaf hier vloei die Rio Juruá in noordelike en later parallel tot die Rio Purus in noordoostelike rigting deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië. Hier mond die rivier in die boloop van die Amasonerivier, die Rio Solimões, uit.
Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Río Humaitó (regs) Juruá Mirim (links) Rio Moa (links) Río Ipixuma (links) Riozinho da Liberdade (regs) Rio Gregório (regs) Rio Eiru (regs) Río Tarauacá (regs) Río Xiruá (regs) Rio do Breu (regs)
Verwysings
Kategorie:Acre Kategorie:Amazonas Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Riviere in Peru