duimnael|450x450px|Bevolkingsdighteid (mense per vierkante kilometer) per land, 2015 duimnael|450x450px|Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) per land, 2006 duimnael|450x450px|Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) -kaart van die wêreld in 1994. In vergelyking met die ewenaar lyk dit of die grootste aantal menslike bevolking in die Noordelike Halfrond leef. duimnael|450x450px|Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) -kaart van die wêreld in 1994. duimnael|450x450px|Woestyne rondom die wêreld. Vergelyk dit met die ander kaarte hier.

Bevolkingsdigtheid (in landbou: staande lewende hawe en oes op die lande) is 'n maatstaf van bevolking per eenheidsgebied of eenheidsvolume; dit is 'n tipe hoeveelheid van aantal digtheid. Dit word gereeld by lewende organismes en in die meeste gevalle by mense toegepas. Dit is 'n belangrike geografiese term.Matt Rosenberg Population Density .

Biologiese bevolkingsdigtheid Biologiese bevolkingsdigtheid is die bevolking verdeel deur die totale grondoppervlakte of watervolume, soos dit toepaslik is. Dit is 'n mate van die aantal mense of organismes per eenheid area. Variasies hierop sluit in die bevolking per eenheid woonbare, bewone, produktiewe (of potensieel produktiewe) of gekultiveerde area. 'n Sekere geografiese gebied het 'n drakapasiteit, wat die maksimum bevolking voorstel wat onderhou kan word. Sekere waarnemers van menslike gedrag glo dat die idee van drakapasiteit ook op menslike bevolkings toegepas kan word, en dat omgekeerde bevolkingsgroei kan lei tot 'n "Malthusiese katastrofe"; hierdie standpunt word deur andere betwis.

Lae-densiteit kan 'n uitwissings-spiraal veroorsaak wat verder na verminderde vrugbaarheid kan lei. Dit is vernoem na die wetenskaplike wat dit geïdentifiseer het – die Allee-effek. Voorbeelde van die oorsake hiervan in lae-bevolkingsdigtheid sluit in:Minimum viable population size. Toenemende probleme om seksmaats te kry Toename van inteling

Menslike bevolkingsdigtheid duimnael|Monaco in Suid-Europa, is tans die rekordhouer as die digsbevolkte nasie in die wêreld. duimnael|Mongolië is die land met die ylste bevolking in die wêreld.  duimnael|350x350px|Dié bevolkingskartogram van die Europese Unie gebruik gebiede en kleure om die bevolking aan te dui.

Met die berekening van mense word die bevolkingsdigtheid volgens die aantal mense in 'n gebied bepaal. Dit word gewoonlik per vierkante kilometer of vierkante myl bereken (dit kan, byvoorbeeld water- of gletsergebiede insluit, of uitsluit). Oor die algemeen word dit vir 'n distrik-, stad-, land-, vir 'n gebied-, of vir die hele wêreld bereken.

Die wêreld se bevolking is sowat 7,000,000,000U.S. & World Population Clocks. en die  Aarde se totale gebied (insluitende land en water) is 510,000,000 vierkante kilometer (197,000,000 vierkante myl).World . Die wêreldwye mensbevolkingsdigtheid is dus sowat 7,000,000,000 ÷ 510,000,000 = 13.7 per vierkante kilometer (35 per vierkante myl). Indien net die Aarde se landoppervlakte van 150,000,000 vierkante kilometer (58,000,000 vierkante myl) in ag geneem word, is die mens se bevolkingsdigtheid 47 per vierkante kilometer (120 per vierkante myl) meer. Dit sluit alle vastelande en eilande se grondgebiede asook Antarktika in. Met Antarktika uitgesluit, is die bevolkingsdigtheid meer as 50 mense per vierkante kilometer (meer as 130 per vierkante myl). Meer as die helfte van die aarde se landmassa bestaan uit onherbergsame gebiede, wat nutteloos is vir menslike habitat, soos woestyne en hoë berge. Mense is geneig om rondom seehawens en varswaterbronne saam te trek. Daarom bied dié syfer dus nie juis enige behulpsame maatstaf van die mens se bevolkingsdigtheid nie.

Verskeie van die mees digbevolkte gebiede in die wêreld is stadstate, mikrostate, en, afhanklike gebiede.The Monaco government uses a smaller surface area figure resulting in a population density of 18,078 per km2 Hierdie gebiede is relatief klein met hoë verstedelikingsvlakke, met ekonomies gespesialiseerde stadsbevolking wat ook op landelike hulpbronne van buite staatmaak. Dit bewys die verskil tussen hoë bevolkingsdigtheid en oorbevolking.

Stede met hoë bevolkingsdigtheid word, deur sommiges, as oorbevolk beskou, hoewel dit afhang van faktore soos die gehalte van behuising en infrastrukture en toegang tot hulpbronne.Human Population. Meeste van die digbevolkte stede is in Suidoos-Asië, Kaïro en Lagos in Afrika en val ook in hierdie kategorie.The largest cities in the world by land area, population and density.

Mees digbevolkte lande/streke

Volgens bewoonde streke StreekBevolkingGebied per vierkante kilometer Digthteid (Bevolking per vierkante kilometer) Indo-Gangetic Plain (Punjab, Pakistan tot Bangladesj en Assam) 1 miljard 1,000,000 1000 Groter Noord-Chinese Vlaktes 600 miljoen 700,000 857 Sichuan Basin 110 miljoen 250,000 440 Java (eiland) 145 miljoen 130,000 1115 Taiheiyo Belt (Japan) 85 miljoen 60,000 1417 Suid-oos Chinese kus (Guangdong, Hongkong, Fujian) 140 miljoen 100,000 1400 Nyldelta 50 miljoen 50,000 1000Suid-Indië (Tamil NaduTamil, Pondicherry, Bangalore en Kerala) 120 miljoen 170,000 706 Wes-Indiese Kus (Maharashtra en Gujarat Kus) 70 miljoen 100,000 700Colombiaanse Andes (Colombia) 40 miljoen 170,000 235 Noord-Europa (Benelux, Noordryn-Wesfale) 44 miljoen 110,000 400Noord-Oos Amerikaanse Kus 45 miljoen 100,000 450Suid-Sentraal Engeland 40 miljoen 60,000 667Sentraal- Meksiko 40 miljoen 100,000 400 Luzo-eiland 50 miljoen 105,000 476 Suid-Korea 50 miljoen 100,000 500Suidoostelike Brasiliaanse Kus 50 miljoen 100,000 500

Volgens politieke grense +Bevolking meer as 1 000 000RangordeLand/streekBevolkingOppervlak (vierkante kilometer)Bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer 1 5 535 000 719 7698 2 7 234 800 1 104 6553 3 1 816 379 360 5045 4 1 234 567 750 1646 5 157 457 000 147 570 1067 6 (R.O.C) 23 361 147 36 190 646 7 1 288 000 2 040 631 8 5 851 000 10 452 560 9 51 529 338 99 720 517 10 11 262 564 26 338 428 +Met 'n bevolking meer as 10 000 000RangordeLand/streekBevolkingOppervlak (vierkante killometer)Bevolkinsdigtheid per vierkante kilometer 1 157 457 000 147 570 1067 2 (Taiwan) 23 361 147 36 190 646 3 51 529 338 99 720 517 4 11 262 56426 338 428 5 16 919 139 41 526 407 6 1 263 680 000 3 185 263 397 7 10 413 211 27 750 375 8 11 239 755 30 528 368 9 102 078 300 300 076 340 10 127 290 000 377 944 337

Ander metodes van meting  Hoewel rekenkundige digtheid die algemeenste manier van meting vir bevolkingsdigtheid is, is daar verskeie ander metodes ontwikkel om 'n meer akkurate meting van bevolkingsdigtheid oor 'n spesifieke gebied te meet. Rekenkundige digtheid: Die totale aantal mense/gebied of land (gemeet in vierkante kilometer of vierkante myl). Fisiologiese digtheid: Die totale bevolking/gebied van landbougrond. Landboudigtheid: Die totale landelike bevolking/gebied van landbougrond. Residensiële digtheid: Die aantal mense wat in 'n beboude gebied/totale gebied van 'n land se residensiële gebied bly. Stedelike digtheid: Die aantal mense wat in 'n stedelike gebied/totale stedelike gebied van 'n land bly. Ekologiese optimum: Die bevolkingsdigtheid wat deur natuurlike hulpbronne gesteun word.

Sien ook Lys van lande volgens bevolking Lys van lande volgens bevolkingsdigtheid

Verwysings

Kategorie:Bevolking Kategorie:Geografie Kategorie:Demografie