duimnael|Vlag van die Britse Statebond duimnael|Kenteken van die Britse Statebond duimnael|Die vlag van die Statebond wapper aan die Parlement van Kanada in Ottawa duimnael|Die hoofkantoor van die Statebond in die Marlborough House in Londen duimnael|Konferensie van die eerste ministers van die Britse dominions William Lyon Mackenzie King (Kanada), Jan Christian Smuts (Suid-Afrika), Winston Churchill (Verenigde Koninkryk), Peter Fraser (Nieu-Seeland) en John Curtin (Australië) op 1 Mei 1944 in Londen (van links na regs)
Die Statebond (vroeër Britse Statebond, Engels: Commonwealth of Nations, tot 1947 British Commonwealth of Nations) is 'n vrywillige vereniging van 56 onafhanklike, soewereine lande, wat uit die Verenigde Koninkryk en, meestal, sy voormalige kolonies bestaan.
Nie alle lede van die Statebond erken die Britse monarg as staatshoof nie. Dié wat dit wel doen, is bekend as Statebondgebiede, maar die meeste lede is republieke, en 'n handvol ander is inheemse monargieë. Alle lede erken wel koning Charles III as hoof van die Statebond, 'n rol wat miskien die beste met dié van 'n seremoniële president vergelyk kan word.
Oorsprong
Die Statebond het die Britse Ryk vervang, en sy oorsprong lê in die Rykskonferensies van die laat 1920's (konferensies van Britse en koloniale eerste ministers het gebeur vanaf 1887), waar die onafhanklikheid van selfregerende kolonies en dominiums erken is, en is uiteindelik geformaliseer deur die Statuut van Westminster in 1931. Die Statebond is geskep as 'n vereniging van vrye en gelyke state, en lidmaatskap was gebaseer op die gemene trou aan die Britse Kroon.
Ná die Tweede Wêreldoorlog is die Ryk stadig afgebreek, wat deels aan die groei van onafhanklikheidsbewegings in die onderdanige streke (mees belangrik in Indië onder die invloed van Mahatma Gandhi) toegeskryf kan word, asook die Britse Regering se verkrampte omstandighede as gevolg van die koste van die oorlog. Burma (1948) en Suid-Jemen (1967) was onder die paar vorige kolonies/protektorate wat nie tot die Statebond toegetree het by onafhanklikheidswording nie. Miskien die mees bekende groep vorige Britse kolonies, die Verenigde State, is ook nie lid van die Statebond nie, omdat die onafhanklikheid van die VSA hierdie instelling met oor 'n honderd jaar voorafgaan. Die Republiek Ierland was 'n lid, maar het die Statebond verlaat met republiekwording in 1949.
Die kwessie van republiekstatus binne die Statebond is eers in 1950 opgelos toe daar ooreengekom is, volgens 'n formule voorgestel deur Kanadese eerste minister Louis St. Laurent, dat Indië 'n lid mag bly ten spyte van sy huidige republiekgrondwet1. (Voorheen het Ierland en Burma die Statebond verlaat na republiekwording.) Hierdie besluit, soos uiteengesit in die London Declaration, het toegelaat dat lede die Britse monarg as Hoof van die Statebond aanvaar ongeag van hulle binnelandse grondwetlike opset, en word deur baie gesien as die begin van die moderne Statebond.
Soos die Statebond gegroei het, het Brittanje en die vorige "blanke Dominiums" informeel (en meestal veragtend) bekend geraak as die Wit Statebond, spesifiek wanneer hulle met die armer, meestal nie-blanke Statebondslede verskil het oor verskeie kwessies by die Statebond Regeringshoofde-ontmoetings. Aantygings dat die "Wit Statebond" ander belange as spesifiek die Afrika Statebondnasies het, asook beskuldigings van rassisme en kolonialisme het gereeld voorgekom gedurende debatte oor Rhodesië in die 1970's, die oplegging van sanksies teen die apartheidsera Suid-Afrika in die 1980's, en meer onlangs oor die kwessie van om druk uit te oefen vir demokratiese hervorming in Nigerië en later Zimbabwe in onlangse jare.
Sedert die toetrede van Mosambiek (in 1995), Rwanda (in 2009) asook Gaboen en Togo (albei in 2022) het die Britse Statebond ook lidlande wat nooit deel van die Britse Ryk was nie, maar onderskeidelik Portugese, Belgiese of Franse kolonies.
Sport
Die Statebond hou die Statebondspele elke vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele.
Lys van Statebondslede volgens kontinent duimnael|Lidlande van die Statebond: duimnael|Lidlande volgens regeringstelsel: duimnael| duimnael| duimnael|Vlae van die lidlande naby The Mall in Londen duimnael|Lys van lidlande van die Statebond Datum van lidmaatskap tussen hakies. )
Europa (3) (1931) (1961) (1964)
Noord-Amerika (12) (1931) (1962) (1962) (1966) (1973) (1974) (1978) (1979) (1979) (1981) (1981) (1983)
Suid-Amerika (1) (1966)
Afrika (21) (1931, verlaat in 1961 en sluit weer aan in 1994 ) (1957) (1960 en opgeskort in 1995, maar weer toegelaat in 1999 ) (1961) (1962) (1963) (1964) (1964) (1964) (1965, verlaat op 3 Oktober 2013, maar sluit weer aan op 8 Februarie 2018. ) (1966) (1966) (1968) (1968) (1976) (1990) (1995) (1995) (2009) (2022) (2022)
Asië (8) (1947) (1947, verlaat in 1972, maar sluit weer aan in 1989 ) (1948) (1957) (1965) (1972) , 1982, verlaat op 13 Oktober 2016, maar sluit weer aan op 1 Februarie 2020. (1984)
Australië en Oseanië (11) (1931) (1931) (1970, verlaat in 1987, maar sluit weer aan in 1997, opgeskort op 1 Desember 2009 en weer toegelaat op 17 September 2014 ) (1970) (1970) (1975) (1978) (1978) (1979) (1980) (1999)
Vorige lede , 1931, verlaat op 18 April 1949. , 1980, uitgespreek op 20 Maart 2002 en verlaat op 7 Desember 2003.
Ontbinde lede , 1931, het in 1949 'n Kanadese provinsie geword. 22px Malaya, 1957, sedert 1963 'n deel van Maleisië. 22px Tanganjika, 1961, sedert 1964 'n deel van Tanzanië. 22px Zanzibar, 1961, sedert 1964 'n deel van Tanzanië.
Moontlike lede , 'n voormalige Britse kolonie en tans 'n omstrede gebied, volgens internasionale reg 'n deel van Somalië.
Leiers duimnael|upright|Koning Charles III is die monarg van die Statebond duimnael|upright|Patricia Scotland dien as die huidige Sekretaris-generaal van die Statebond duimnael|upright|Paul Kagame dien tans die voorsitter van die Statebond Koning Charles III: 8 September 2022 – tans Koningin Elizabeth II: 6 Februarie 1952 – 8 September 2022 Koning George VI: 11 Desember 1936 – 6 Februarie 1952 Koning Edward VIII: 20 Januarie 1936 – 11 Desember 1936 Koning George V: 11 Desember 1931 – 20 Januarie 1936
Sekretarisse-generaal Sekretarisse-generaal van die Britse Statebond: rulers.org: The Commonwealth Patricia Scotland (Verenigde Koninkryk): 1 April 2016 – hede Kamalesh Sharma (Indië): 1 April 2008 – 1 April 2016 Don McKinnon (Nieu-Seeland): 3 April 2000 – 1 April 2008 Emeka Anyaoku (Nigerië): 1 Julie 1990 – 3 April 2000 Shridath Ramphal (Guyana): 1 Julie 1975 – 30 Junie 1990 Arnold Smith (Kanada): Junie 1965 – 30 Junie 1975
Voorsitters Paul Kagame (Rwanda): 24 Junie 2022 – hede Boris Johnson (Verenigde Koninkryk): 24 Julie 2019 – 24 Junie 2022 Theresa May (Verenigde Koninkryk): 19 April 2018 – 24 Julie 2019 Joseph Muscat (Malta): 27 November 2015 – 19 April 2018 Maithripala Sirisena (Sri Lanka): 9 Januarie 2015 – 27 November 2015 Mahinda Rajapaksa (Sri Lanka): 15 November 2013 – 9 Januarie 2015 Tony Abbott (Australië): 18 September 2013 – 15 November 2013 Kevin Rudd (Australië): 27 Junie 2013 – 18 September 2013 Julia Gillard (Australië): 28 Oktober 2011 – 27 Junie 2013 Kamla Persad-Bissessar (Trinidad en Tobago): 2010–2011 Patrick Manning (Trinidad en Tobago): 2009–2010 Yoweri Museveni (Uganda): 2007–2009 Lawrence Gonzi (Malta): 2005–2007 Olusegun Obasanjo (Nigerië): 2003–2005 John Howard (Australië): 2002–2003 Thabo Mbeki (Suid-Afrika): 1999–2002
Sien ook Britse Kroongebiede Britse oorsese gebiede Gemenebes van Onafhanklike State Gemeenskap van Portugese Lande Nederlandse Taalunie
Verwysings
Eksterne skakels
The Commonwealth Secretariat