Hierdie artikel handel oor die land. Vir die kontinent, sien Australië (kontinent).

Australië (Engels: Australia, [əˈstreɪliə, ɒ-], ), amptelik die Gemenebes Australië (Commonwealth of Australia Constitution of Australia), is 'n grondwetlike monargie in die Suidelike Halfrond. Australië is die sesde grootste land ter wêreld en die enigste wat 'n hele vasteland beslaan – die Australiese kontinent (die wêreld se oudste, kleinste, droogste en platste vasteland Alan Villiers: Australia. In: National Geographic, September 1963, bl. 376). Australië se staatsgebied sluit daarnaas die eiland Tasmanië en 'n aantal ander eilande in die Indiese Oseaan, die Stille Oseaan en die Suidelike Oseaan in. Australië se buurlande is Indonesië, Oos-Timor en Papoea-Nieu-Guinee in die noorde, die Salomonseilande, Vanuatu en Nieu-Kaledonië in die noordooste en Nieu-Seeland in die suidooste. Dit is 'n grondwetlike monargie en 'n lid van die Britse Statebond.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

'n Groot deel van dié land is woestynagtig en plat. Die vrugbare deel is 'n vlakte in die suidooste, waar die meeste van sy inwoners die hoogs verstedelikte ooskus bevolk. Die Australiese vasteland word egter reeds vir meer as 42 000 jaar deur Australiese Inboorlinge bewoon. Na verskeie besoeke deur Europese ontdekkingsreisigers en handelaars in die 17de eeu, is die oostelike helfte van Australië in 1770 deur Groot-Brittanje opgeëis en oorspronklik deur wettelik gestrafte oortreders as deel van die kolonie van Nieu-Suid-Wallis gevestig, beginnende op 26 Januarie 1788. Soos die bevolking gegroei het en nuwe areas ontdek is, is vyf ander selfregerende Britse kolonies tydens die 19de eeu gevestig.

Op 1 Januarie 1901 het die ses kolonies saam 'n federasie geword en die Australiese Gemenebes is gevorm. Sedertdien het Australië 'n stabiele liberale demokratiese politieke stelsel gehandhaaf en bly dit steeds 'n lidstaat van die Britse Statebond wat die Britse monarg as staatshoof erken. Die hoofstad van Australië is Canberra, wat geleë is in die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory). Die bevolking van 26 miljoen is gekonsentreerd in die vastelandse staatshoofstede Sydney, Melbourne, Brisbane, Perth en Adelaide.

Etimologie duimnael|links|Die westelike deel van "Hollandia Nova" soos gesien op 'n kaart van 1644 duimnael|links|'n Kunstenaar se voorstelling van Port Jackson, die plek waar Sydney gestig is, soos gesien vanaf South Head. Uit A Voyage to Terra Australis Die naam "Australië" is afgelei van die Latyn Australis wat "Suidelik" beteken. Legendes van 'n "onbekende land van die suide" (terra australis incognita) was sedert Romeinse tye algemeen in Middeleeuse aardrykskunde, maar was nie op enige werklike kennis van die kontinent gebaseer nie.

Die eerste gebruik van die woord "Australië" in Engels is in 1625 gedokumenteer: die woorde "A note of Australia del Espiritu Santo, written by Master Hakluyt" in die boek Hakluytus Posthumus wat deur Samuel Purchas gepubliseer is. Purchas, vol. iv, bl. 1422–1432, 1625. Die Nederlandse byvoeglike vorm, "Australische", is deur die offisiere van die V.O.C. in Djakarta (toe Batavia) in 1638 gebruik om na die nuut-ontdekte land in die Suide te verwys.

"Australia" is in 1693 in 'n vertaling van Les Aventures de Jacques Sadeur dans la Découverte et le Voyage de la Terre Australe gebruik, 'n Franse roman uit 1692 deur Gabriel de Foigny (onder die pennaam Jacques Sadeur). Sidney J. Baker, The Australian Language, tweede uitgawe, 1966. Alexander Dalrymple het dit daarna in 1771 gebruik in An Historical Collection of Voyages and Discoveries in the South Pacific Ocean om na die gehele Suidelike Pasifiese streek te verwys. In 1793 het George Shaw en Sir James Smith Zoology and Botany of New Holland gepubliseer, waarin hulle verwys na "the vast island, or rather continent, of Australia, Australasia or New Holland".

Die naam is gewild gemaak deur die 1814-werk, A Voyage to Terra Australis, deur die navigator Matthey Flinders, die eerste aangetekende persoon wat om Australië geseil het. Ten spyte van die titel, wat die siening van die Britse admiraalskap weerspieël het, het Flinders die term "Australia" in sy boek gebruik. Die boek was baie gewild en het die term in die volksmond geplaas.

Die goewerneur van Nieu-Suid-Wallis, Lachlan Macquarie, het die naam daarna in sy versendings na Engeland gebruik en op 12 Desember 1817 het hy aan die Koloniale Kantoor aanbeveel dat dit amptelik in gebruik geneem word. Weekend Australian, 30–31 Desember 2000, bl. 16 In 1824 het die Admiraalskap ingestem dat die kontinent amptelik as "Australia" bekend sal staan. Die eerste kaart waarop die woord "Australië" voorkom is in 1824 in Sint Petersburg gepubliseer. Dit is in Krusenstern se "Atlas de l'Ocean Pacifique".

Die woord "Australia" word in Australiese Engels uitgespreek as /ə.ˈstɹæɪ.ljə, -liː.ə, -jə/. Australian pronunciations: Macquarie Dictionary, Fourth Edition (2005). Melbourne, The Macquarie Library Pty Ltd.

Geskiedenis Vroeë geskiedenis Daar word beraam dat die eerste menslike bewoning van Australië tussen ongeveer 42 000 en 48 000 jaar gelede plaasgevind het. Gillespie, R. (2002). Dating the first Australians. Radiocarbon 44:455–72 Hierdie eerste Australiërs was moontlik die voorouers van die huidige inheemse Australiese volke en het moontlik oor landbrûe en ander seekruisings vanaf die huidige Suidoos-Asië oorgesteek. Meeste van hierdie mense was jagter-versamelaars met 'n ingewikkelde mondelinge kultuur en spirituele waardes wat gebaseer was op 'n eerbied vir dié land en 'n geloof in die Droomtyd. Die Torres Strait-eilandbewoners, wat aan die Melanesiese etniese groep behoort, het die Torres Strait-eilande en die ver-noordelike dele van Queensland bewoon: hulle kulturele gebruike is en bly egter steeds onderskeidelik van die Australiese inboorlinge (ook bekend as die Aborigines).

Europese verkenning duimnael|Die eerste kaart van Australië, soos gepubliseer in Nicholas Vallard se see-atlas van 1547 Die eerste aangetekende Europese waarneming van die Australiese vasteland was deur die Nederlandse navigator, Willem Janszoon, wat die kus van Cape York skiereiland in 1606 waargeneem het. Tydens die 17de eeu het die Nederlanders die hele westelike en noordelike kuslyne gekarteer en die gebied Nieu-Holland genoem, alhoewel hulle geen poging gemaak het om hulself in die gebied te vestig nie. In 1770 het James Cook langs die oostelike kus geseil en dit gekarteer: hy het dit Nieu-Suid-Wallis genoem en dit vir Groot-Brittanje opgeëis.

Britse kolonisasie duimnael|links|Europese ontdekkingsreisigers tot 1813: Die Britse kroonkolonie, Nieu-Suid-Wallis, het begin met 'n nedersetting by Port Jackson wat op 26 Januarie 1788 deur kaptein Arthur Phillip gevestig is. Hierdie datum het later Australië se nasionale dag, Australië Dag, geword. Van Diemensland, die huidige Tasmanië, is in 1803 gevestig en het in 1825 'n aparte kolonie geword. Die Verenigde Koninkryk het die westelike deel van Australië in 1829 amptelik geëis.

Aparte kolonies is gevorm uit dele van Nieu-Suid-Wallis: Suid-Australië in 1836, Victoria in 1851 en Queensland in 1859. Die Noordelike Gebied ("Northern Territory") is in 1911 gestig toe dit van Suid-Australië geskei het. Suid-Australië is as 'n "vrye provinsie" gestig, met ander woorde dit was nooit 'n strafregtelike kolonie nie. Victoria en Wes-Australië is eweneens deur vrye setlaars gestig, maar het later vervoerde gevangenes aanvaar. Gevangene rekords – Openbare rekordkantoor van Victoria. Staatrekords van Wes-Australië

Die vervoer van gevangenes na Nieu-Suid-Wallis is in 1848 gestaak nadat plaaslike setlaars 'n veldtog teen die praktyk gevoer het. Australiese Buro vir Statistieke 1998 Spesiale Artikel – Die Staat van Nieu-Suid-Wallis.

Die bevolking van die Australiese inboorlinge was 'n beraamde 350 000 in die tyd van die Europese vestiging, Smith, L. (1980), The Aboriginal Population of Australia. Australian National University Press: Canberra maar het sterk afgeneem in die 150 jaar na die aankoms van die setlaars. Hierdie afname was hoofsaaklik te wyte aan besmetlike siektes gekombineer met geforseerde verskuiwing van nedersettings en kulturele disintegrasie. Smallpox Through History Die verwydering van kinders van hulle families mag ook tot die daling van die inheemse bevolking bygedra het.

Sulke interpretasies van die Inboorlinge se geskiedenis word deur sommige regsgesinde kommentators teengestaan en beskryf as oordrewe, of versin vir politiese of ideologiese redes. Windschuttle, K. (2001). The Fabrication of Aboriginal History, The New Criterion Vol. 20, No. 1, 20 September. Die debat staan in Australië bekend as die "History Wars" ("Geskiedenisoorloë"). Na die 1967 referendum het die federale regering die gesag verkry om beleid te implementeer en wette te maak wat op die Inboorlinge van toepassing was. Tradisionele eienaarsreg van land ("native title") is eers in 1992 erken, toe die hooggeregshof (tydens die saak Mabo v Queensland (No 2)) die idee van Australië as terra nullius ("leë land") tydens die tyd van Europese nedersetting omgekeer het.

duimnael|'n Voorstelling van die Eureka-vlag wat tydens die mynersrebellie in 1854 gebruik is. Identiese weergawes van die vlag het sedertdien 'n simbool van protes vir 'n wye verskeidenheid bewegings in Australië geword In die 1850's het 'n goudloop in Australië begin en die Eureka Stockade-rebellie teen mynlisensiefooie in 1854 is 'n vroeë voorbeeld van burgerlike ongehoorsaamheid. Tussen 1855 en 1890 het die ses kolonies elk verantwoordelike bestuur verkry en het hulle hulle eie sake self bestuur, alhoewel hulle deel van die Britse Ryk gebly het. Die Koloniale Amp (Colonial Office) in Londen het wel die beheer van sommige sake behou, soos buitelandse sake, verdediging en internasionale verskeping.

Selfregering as Gemenebes Australië Ná 'n dekade van beplanning, konsultasie en stemmery, is die federasie van die kolonies op 1 Januarie 1901 behaal en die Gemenebes Australië is as 'n dominium (vrygewes) van die Britse Ryk gevorm. Die Federale Hoofstadgebied ("Federal Capital Territory"), later hernoem as die Australiese Hoofstadgebied (ACT, "Australian Capital Territory"), is in 1911 gevorm uit 'n nuwe deel van Nieu-Suid-Wallis om 'n nuwe ligging te bied vir die voorgestelde nuwe federale hoofstad, Canberra (Melbourne het tussen 1901 en 1927 as tydelike setel van die regering gedien terwyl Canberra gebou is).

Beheer van die Noordelike Gebied ("Northern Territory") is van die Suid-Australiese regering na die Statebond verskuif in 1911. Australië het vrywilliglik aan die Eerste Wêreldoorlog deelgeneem. Bean, C. Ed. (1941). Volume I – The Story of Anzac: the first phase , First World War Official Histories, Eleventh Edition.

Statuut van Westminster en Tweede Wêreldoorlog duimnael|Ontwikkeling van die Australiese deelstate Die Statuut van Westminster van 1931 het meeste van die wetlike skakels tussen Australië en die Verenigde Koninkryk formeel beëindig toe dit in 1942 deur Australië aangeneem is. Die skok van die Verenigde Koninkryk se nederlaag teen Asië in 1942 en die bedreiging deur 'n Japannese inval het veroorsaak dat Australië hom tot die Verenigde State gekeer het vir bondgenootskap en beskerming. Sedert 1951 is Australië ook 'n militêre bondgenoot van die Verenigde State onder die Anzus-verdrag (die verdrag sluit ook Nieu-Seeland in).

Witimmigrasiebeleide Ná die Tweede Wêreldoorlog het Australië immigrasie vanuit Europa aangemoedig en sedert die 1970's, na die afkondiging van die Racial Discrimination Act ("Rassediskriminasiewet"), word immigrasie vanuit Asië en ander nie-Europese dele van die wêreld ook aangemoedig. As gevolg hiervan het Australië se demografie, kultuur en selfbeeld opmerklik verander.