Kanada (Engels: Canada, ['kænədə], en Frans: Canada, [kana'da], ), histories die Dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 'n bevolking van sowat 39,2 miljoen (soos in die eerste kwartaal 2025). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van tien provinsies en drie gebiede wat as 'n federale parlementêre demokrasie en grondwetlike monargie regeer word. Die huidige konfederasie het sy oorsprong in die Dominion of Canada wat op 1 Julie 1867 as selfregerende gebied binne die destydse Britse Ryk gestig is.

duimnael|links|Die Château Frontenac in Quebecstad, een van Canadian Pacific se befaamde luukse hotelle wat in die styl van Franse kastele ontwerp is Kanada se hoofstad is Ottawa – dit is die setel van die land se parlement, asook die tuiste van die goewerneur-generaal en eerste minister. Omdat dit voorheen 'n Franse en toe Britse kolonie was, is Kanada lid van La Francophonie en die Britse Statebond. Engels en Frans is die amptelike tale (sien ook die artikels Kanadese Engels en Kanadese Frans).

Kanada is 'n moderne en tegnologies gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne en handel met die Verenigde State van Amerika. Alhoewel die huidige Kanadese ekonomie wyd uiteenlopend geword het, bly die benutting van natuurlike hulpbronne 'n belangrike dryfkrag van baie plaaslike nywerhede.

Van vóór die Konfederasie af het Kanada onder die beginsels van "vrede, orde en goeie regering" opgetree. vrede, orde en goeie regering Die nasionale identiteit van Kanada fokus sedert die 19de eeu onder meer op die ideaal van 'n Peaceable Kingdom ("Vreedsame of Vredeliewende Koninkryk") wat Kanadese na bewering in Noord-Amerika geskep het. Scott W. See: The Intellectual Construction of Canada’s “Peaceable Kingdom” Ideal. In: Journal of Canadian Studies | Revue d'études canadiennes, jaargang 52, uitgawe 2, Lente 2028, bl. 510–537

Etimologie duimnael|links|upright|Jacques Cartier Die naam Kanada is vermoedelik afgelei van die Irokese woord canada, wat "dorp" of "nedersetting" beteken. 'n Alternatiewe etimologiese verklaring verwys na 'n term in die Cree-taal, Ka-Kanata, wat as "Land wat skoon is" vertaal word. Alfred Pletsch: Kanada. Kohlhammer Kunst- und Reiseführer. Stuttgart: W. Kohlhammer 1986, bl. 11

Plaaslike bewoners het in 1535 vir Jacques Cartier die weg na Stadacona (die voorloper van die huidige Quebecstad) gewys. Cartier gebruik die naam nie net vir die dorp Stadacona nie, maar vir die hele gebied van Donnacona, die stamhoof in Stadacona. Vanaf 1547 begin kaarte om na hierdie en die omliggende gebiede as Kanada te verwys.

Geografie duimnael|Opper- en Neder-Kananaskismeer in die provinsie Alberta Kanada beslaan die grootste deel van die noordelike Noord-Amerika. Dit grens in die noordweste aan die Amerikaanse deelstaat Alaska en in die noorde aan die Arktiese Oseaan. Sy suidelike grens met die kontinentale Verenigde State loop van die Atlantiese Oseaan in die ooste tot by die Stille Oseaan in die weste.

Sedert die jaar 1925 maak Kanada ook aanspraak op die Arktiese gebiede tussen die 60ste en 141ste westelike lengtegrade. Kanada (en die wêreld) se mees noordelike menslike nedersetting is Alert, 'n basis van die Kanadese Weermag, op die eiland Ellesmere – net 817 kilometer van die Noordpool af. Kanada is die tweede grootste land na die Russiese Federasie ten opsigte van sy totale oppervlakte en die vierde grootste na die Russiese Federasie, die Volksrepubliek China en die Verenigde State ten opsigte van sy landoppervlakte.

Die bevolkingsdigtheid van 3,4 mense per vierkante kilometer behoort tot die laagstes ter wêreld. Die mees digbevolkte gebied van dié land is die Québec-Stad-Windsor-korridor langs die Groot Mere en die Sint-Laurensrivier in die suidooste. Kanada pronk met die meeste mere van alle lande ter wêreld en beskik ook oor die grootste hoeveelheid varswater.

In fisies-geografiese opsig word Kanada in drie groot gebiede verdeel: Die Kanadese Skild in die ooste, die Binnelandse Vlaktes van Sentraal-Kanada en die bergagtige weste met die Rotsgebergte.

Die Kanadese Skild

duimnael|Poolligte (Aurora borealis) teen 'n hoogte van 11 000 meter in die noorde van Kanada duimnael|Die Nasionale Gros Morne-park in die provinsie Newfoundland en Labrador Die Kanadese Skild of Laurentiese Plato is 'n uitgestrekte rotsgebied wat gedurende die laaste Ystydperk deur gletserinvloede skoongeskuur is. Die Skild word begrens deur die Mackenzierivier, Groot Beer-, Groot Slawe-, Athabaska- en Winnipeg-meer in die ooste, die vyf Groot Mere en die Sint-Laurensrivier.

In geologiese opsig is dit die oudste kerngebied van die Noord-Amerikaanse vasteland. Die Skild word gekenmerk deur 'n dun grondlaag, ryk afsettings van minerale soos goud, silwer, koper, sink, nikkel, kobalt en uraan, en 'n groot aantal mere en riviere.

Die name van mynboudorpe soos Port Radium, Uranium City, Asbestos, Cobalt en Coppermine verwys na die belangrikheid van die gebied vir Kanada se mynbousektor. Danksy die geologiese geskiedenis van die gebied kan die meeste minerale in dagboumyne ontgin word.

Die Hudsonbaai lê in die laagste gedeelte van die Kanadese Skild.

Die Binnelandse Vlaktes

In die weste van Kanada gaan die Kanadese Skild in die Groot Vlaktes oor. Hierdie binnelandse vlaktes behels die Groot-Mere-gebied en die Groot Vlaktes. Hul afsettingsgesteentes bevat onder meer aardgas- en olievelde wat van die Kanadese prairieprovinsies beduidende gas- en olieprodusente gemaak het.

Die Groot Mere is bekkens wat gedurende die laaste Ystydperk ontstaan het. Vanweë hul gestrekte vorm word hulle ook "vingermere" genoem. Hul groot oppervlakte van sowat 'n kwart miljoen vierkante kilometer maak van hulle 'n klein see in die hart van Noord-Amerika, en met die opening van die Sint-Laurenswaterweg in 1959 het hulle die "vierde kus" van Kanada en die Verenigde State geword.

Dikwels word in geografiese bekrywings na die Groot Vlaktes se monotone landskapskarakter verwys, veral met betrekking tot die uitgestrekte graanvelde in die suide van Saskatchewan en Manitoba. Nogtans varieer die Groot Vlaktes se landskapsvorme van die Sentraal-Kanadese meregebied in die oorgangsgebied tussen die Skild en die Vlaktes – wat van die Winnipeg-meer (24 000 km²) oor die Athabaska-meer (8 000 km²) en die Groot Slawemeer (28 000 km²) tot by die Groot Beremeer (32 000 km²) strek – tot by die heuwelagtige landskappe aan die voet van die Rotsgebergte.

Die Rotsgebergte

duimnael|Mount Logan soos vanaf die suidooste gesien Die bergkettings in die weste maak deel uit van die hoë Sirkumpasifiese Bergreeks wat vanuit Asië oor die Aleoete-eilande tot by die weste van Noord- en Suid-Amerika strek en oor 'n aantal klein eilande selfs tot by die Antarktiese vasteland loop. In Kanada is die Rotsgebergte en die kusgebergtes beperk tot 'n smal strook. Die hoogste pieke is Mount Logan (5 959 meter) en Mount Saint Elias (5 489 meter).

Die goudvoorkomste van die Klondike-distrik het teen die einde van die 19de eeu 'n groot aantal delwers gelok. Ook oliesand is volop in die Rotsgebergte en word sedert 1967 in Kanada ontgin.

Die noorde duimnael|Die noordooskus van Baffin Island. Die foto is uit 'n hoogte van 11 500 meter geneem In die uiterste noorde gaan die vasteland oor in 'n groot aantal eilande – 'n gebied van ewige ys en sneeu waar Jacques Cartier en Martin Frobisher reeds in die 16de eeu pogings onderneem het om deur die Noordwestelike Deurvaart te seil en sodoende 'n regstreekste seeroete na Indië te vind.

Baffin Island in die noordooste, wat in die laaste dekades van die 20ste eeu vanweë sy ysterertsreserwes belangstelling gewek het, is die grootste van die noordelike eilande (asook die vyfde grootste eiland ter wêreld) met 'n oppervlakte van sowat 495 000 vierkante kilometer. Noord van hierdie eiland lê 'n uitgestrekte Arktiese eilandgroep wat deel uitmaak van die alewige ysgrond of permafrost. Sommige van die eilande word deur magtige gletsers bedek.

Die vastelandse Kanada strek tot by 83° Noord, sowat 700 kilometer suid van die Noordpool. Min mense het die ysbrug, wat tot by die pool strek, ooit betree. Kanada – en ook die wêreld – se mees noordelike nedersetting, Alert op Ellesmere Island, is in 1950 deur die Kanadese regering as weer- en beheerstasie aangelê.

Klimaat duimnael|links|Klimaatsones in Kanada volgens die Köppen-klimaatklassifikasie duimnael|Selfs 'n aantal palmspesies aard in die gematigde weskus-klimaat van Vancouver duimnael|Die Seestraat van Georgia, Brits-Columbië Alhoewel groot dele van Kanada net soos Sentraal-Europa tussen die 50ste en 60ste breedtegrade geleë is, verskil Kanada se klimaat sterk van dié in Europa. Die groot landmassa koel in die winter sterker af as die oseane, en anders as Europa trek die meeste gebiede in Kanada nie voordeel uit die matigende invloed van die Atlantiese Oseaan nie.

Polêre lug bestem die weer in die grootste deel van die oostelike provinsies: die winters is lank en koud. Die koue Labradorstroom neem ysberge tot by die kus van Nieu-Engeland. Met uitsondering van die oostelike kusstreke daal die temperatuur vier of vyf maande lank benede die vriespunt, met uiterstes van -50 °C (-58 °F). Swaar sneeuval kom gereeld regdeur die winter voor.

Die lente begin skielik in April of Mei wanneer vogtige lugmassas vanaf die suide noordwaarts trek, die grond ontdooi vinnig en temperature styg duidelik. Die gemiddeldes vir Julie is 10° tot 15 °C (50° tot 60 °F) in die noorde en 15° tot 20 °C (59 °F tot 68 °F) in die suide. Die somers word deur droë en warm weerstoestande gekenmerk, en die kwik styg in die suide van Ontario en Quebec dikwels selfs tot meer as 30 °C. Die weer bly gewoonlik lekker warm tot Oktober.

Alhoewel die somers in die Atlantiese provinsies dikwels baie warm is, bly die weer vanweë die oseaniese invloed meestal onbestendig. Veral Newfoundland se somers het net enkele weke met sonskynweer.

Die weskus van die Kanada en die Rotsgebergte staan onder die invloed van warm, vogtige lugstrominge, wat tot verhoogde reënval in die kusgebiede en reën- en sneeuval in die berggebiede lei. Die temperature is gematig en daal gewoonlik ook in Januarie nie benede die vriespunt nie, terwyl die somers warm en vogtig is. Die gemiddelde temperature lê tussen 10° en 20 °C.

Die gebiede oos van die Rotsgebergte word deur droë polêre lug oorheers. Die winters hier is lank en koud, en temperature daal gereeld benede die vriespunt. Die vors hou drie tot vyf maande in die suidelike en ses tot elf maande in die noordelike gebiede aan. Die gebied van die Hudsonbaai staan selfs bekend as "Amerika se vrieskas".

Geskiedenis Vroeë geskiedenis Om 12 000 v.C. het die voorsate van die huidige Eerste Nasies (Inuïete en Indiane) oor 'n landbrug tussen Siberië en Alaska na Noord-Amerika geïmmigreer. Die Dorset-beskawing is een van die belangrikste kulture van die Kanadese Steentydperk. Hulle het omtrent 2000 v.C. as jagters en vissers in klein groepe in die kusgebiede van die Kanadese Arktiese gebiede gewoon en reeds eenvoudige erktuie vervaardig.

Europese ontdekkers duimnael|Gerekonstrueerde Wiking-nedersetting in L'Anse-aux-Meadows Nog voor Christophorus Columbus se amptelike ontdekking van Amerika het Europese ontdekkers in Kanada voet aan wal gesit. Na bewering het die Wiking Bjarni Herjolfsson reeds in 986 die kuslyne van Newfoundland en Labrador ontdek. Omtrent 1000 het die Yslandse Wiking Leifur Eiríksson met 35 mans uit die huidige Noorweë en Denemarke met sy houtbote die Noord-Amerikaanse kus bereik, nadat hy op 'n reis na Groenland deur 'n seestorm hierheen afgedryf was, en het 'n klein nedersetting naby die huidige L'Anse aux Meadows opgerig.