Antônio "Tom" Carlos Brasileiro de Almeida Jobim (* 25 Januarie 1927, † 8 Desember 1994), algemeen bekend as Tom Jobim [ˈtõ ʒoˈbĩ], was ’n Brasiliaanse liedjieskrywer, komponis, arrangeur, sanger, pianis en kitaris. Hy word veral verbind met die opkoms van bossa nova as nuwe musiekstyl. Sy liedjies en komposisies is sowel in Brasilië asook internasionaal deur ’n wye verskeidenheid sangers en instrumentaliste opgeneem.

Een van sy komposisies, Garota de Ipanema (met Engelse liedteks bekend as The Girl from Ipanema), is ongetelde kere deur ander musici vertolk en het, soos baie van die liedjies uit Jobim se musikale nalatenskap, deel van die internasionale standaardrepertoire van jazz- en popmusiek geword. Die internasionale lughawe van sy geboortestad Rio de Janeiro is na hom vernoem.Jazzecho.de: Antônio Carlos Jobim. Besoek op 26 Augustus 2020

Verwysings

Kategorie:Brasiliaanse musici Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 1994