duimnael|links|200px|’n Kunstenaarsvoorstelling van Herrerasaurus.
duimnael|links|200px|Die grootte van Herrerasaurus in vergelyking met dié van ’n mens.
Herrerasaurus was een van die vroegste dinosourusse. Die naam, wat "Herrera se akkedis" beteken, kom van die boer wat die eerste fossiel ontdek het. Alle bekende voorbeelde van hierdie karnivoor kom uit Noordwes-Argentinië en dateer uit die Karnium-tydsnede van die Laat Trias-periode, sowat 231,4 miljoen jaar gelede. Die tipe-spesie, Herrerasaurus ischigualastensis, is in 1963 deur Osvaldo Alfredo Reig beskryf en is die genus se enigste spesie.
Die klassifikasie van die herrerasourus was baie jare lank onduidelik omdat daar net ’n paar brokstukke bestaan het. Daar is geglo dit was ’n basale teropode, ’n basale Sauropodomorpha, ’n basale Saurischia of glad nie ’n dinosourus nie, maar ’n ander soort Archosauria. Met die ontdekking van ’n byna volledige skelet en skedel in 1988 is dit geklassifiseer as óf ’n vroeë Theropoda óf ’n vroeë Saurischia, maar baie navorsers het dit minstens tentatief beskou as die primitiefste teropode.Holtz, Thomas R. Jr. (2011) Dinosaurs: The Most Complete, Up-to-Date Encyclopedia for Dinosaur Lovers of All Ages, Winter 2010 Appendix.
Dit is ’n lid van Herrerasauridae, ’n familie soortgelyke genera wat onder die vroegste dinosourusse tel..
Beskrywing Herrerasaurus was ’n lig geboude, tweevoetige karnivoor met ’n lang stert en relatief klein kop. Hy was sowat 3 tot 6 meter lank en by sy heupe sowat 1,1 meter hoog. Dit kon sowat 210–350 kg geweeg het.
Die skedel was lank en smal en het feitlik geen van die eienskappe van latere dinosourusse gehad nie; dit het meer gelyk soos dié van ’n meer primitiewe Archosauria soos Euparkeria. Dit het vyf paar openinge in die skedel gehad, waarvan twee paar vir die oë en neusgate was. Herrerasaurus het ’n beweegbare gewrig in die onderkaak gehad wat vorentoe en agtertoe kon gly om vas te byt. Dit is ongewoon in dinosourusse, maar het onafhanklik in sommige soorte akkedisse ontwikkel. Die tande was groot en geriffel om vleis te kan byt en eet, en die nek was slank en beweegbaar.
Verwysings
Kategorie:Theropoda