Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1984 het in Augustus 1984 in Suid-Afrika plaasgevind om Kleurling- en Indiër-verteenwoordigers vir hulle onderskeie huise in die driekamerparlement te kies. Dit volg na die Suid-Afrikaanse referendum van 1983 waartydens Blanke kiesers met 'n twee-derde meerderheid ten gunste van die instelling van 'n driekamerparlement gestem het.

Verloop Die verkiesing van bruinmense vir die Raad van Verteenwoordigers het op 22 Augustus plaasgevind. Die Arbeidersparty onder leiding van eerwaarde Allan Hendrickse wen die verkiesing en palm 76 van die 80 setels in.

Die verkiesing van Indiërs vir die Raad van Afgevaardigdes is op 28 Augustus gehou. Die "National People's Party" verower 18 van die 40 setels. Elections in South Africa , African Elections Database Die verkiesing is deur die "United Democratic Front" geopponeer en is deur boikotte en protesaksie gekenmerk.

Na afloop van die verkiesing reik die Verenigde Nasies resolusie 554 van 1984 uit wat die verkiesing as onregverdig en ongeldig bestempel, omdat dit die Blanke minderheidsregering in stand hou. Ander het dit weer as 'n belangrike stap in die proses van demokratisering van die Suid-Afrikaanse samelewing beskou.

Resultate Raad van Verteenwoordigers duimnael|Setels in die Raad van Verteenwoordigers na die 1984-verkiesing PartyStemme%SetelsArbeidersparty 76Volkskongres Party 2Vryheidsparty 1Onafhanklikes 1Bedorwe/blanko stemme ––Totaal 80Geregistreer/stempersentasie 30,9–Bron: African Elections Database

Raad van Afgevaardigdes duimnael|Setels in die Raad van Afgevaardigdes na die 1984-verkiesing PartyStemme%SetelsNasionale Volksparty 18Solidariteit 17Progressiewe Onafhanklikheidsparty 1Onafhanklikes 4Bedorwe/blanko stemme ––Totaal 40Geregistreer/stempersentasie 16,2–Bron: African Elections Database

Verwysings

Kategorie:1984 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika