Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Krim-Tatare.
Krim-Tataars of Krim-Turks (Къырымтатарджа Qırımtatarca, Къырымтатар тили Qırımtatar tili, [qɯrɯmtɑtɑrˈd͡ʒɑ]) is 'n Turkiese taal wat deur die Krim-Tatare op die Krim-skiereiland gepraat word. Sedert die 20ste eeu, na grootskaalse emigrasie van die Krim-Tatare, word die taal ook in Roemenië, Bulgarye en Turkye gepraat. Daar is ook klein gemeenskappe in die Verenigde State en Kanada.
duimnael|links|"Welkom in die Krim" op 'n bus in Simferopol. duimnael|links|'n Krim-Tataarse moedertaalspreker Die taal word deur 573 540 mense as moedertaal gebruik. Dit bestaan uit drie dialekte: dialek van die Noğays, dialek van Yalıboylus en die dialek van die Tats.
Krim-Tataars moet nie met Tartaars, wat in Rusland gepraat word, verwar word nie. Hoewel die twee tale aan mekaar verwant is, is dit nie onderling verstaanbaar nie. Krim-Tataars is op groot skaal deur nabygeleë Oghoer-Turkiese tale soos Turks, Turkmeens en Azerbeidjans beïnvloed.
Skryfstelsels Beide die Cyrilliese- en Latynse alfabet kan vir die skryf van Krim-Tataars gebruik word.
Latynse alfabet Beide  en â word as dieselfde letter beskou.
a b c ç d e f g ğ h ı i j k l m n ñ o ö p q r s ş t u ü v y z
Cyrilliese alfabet а б в г гъ д е ё ж з и й к къ л м н нъ o п p c т у ф x ц ч дж ш щ ъ ы ь э ю я
гъ, къ, нъ en дж is aparte letters.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Krim Kategorie:Tale van Bulgarye Kategorie:Tale van Kirgisië Kategorie:Tale van Oekraïne Kategorie:Tale van Oesbekistan Kategorie:Tale van Roemenië Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Tale van Turkye Kategorie:Turkiese tale