Die Mdlotirivier vloei in die ooste van die KwaZulu-Natalprovinsie in Suid-Afrika. Die monding van die Mdlotirivier is 20 km noord van Durban geleë, by die Umdloti vakansiedorp (deel van eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit). Die naam Mdloti is die Zoeloe-woord vir 'n spesie van wilde tabak wat hier groei.
Sien ook Lys van riviere in Afrika
Eksterne skakels Umdloti se amptelike webtuiste
Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal