Die Eerste Opiumoorlog (1839–42), ook bekend as die Opiumoorlog en as die Anglo-Chinese-oorlog, was ’n oorlog tussen Groot-Brittanje en China oor hul botsende standpunte oor diplomatieke betrekkinge, handel en die administrasie van geregtigheid vir buitelanders.Tsang, Steve (2007). A Modern History of Hong Kong. I.B.Tauris. bl. 3–13, 29. .
Voor die konflik wou Chinese amptenare die verspreiding van opium inperk en het hulle ongeveer 20 000 kiste met opium (ongeveer 1,21 miljoen kilogram) van Britse handelaars gekonfiskeer. Hoewel die Britse regering China se reg om invoere te beheer nie amptelik ontken het nie, het hulle beswaar gemaak teen hierdie beslaglegging en sy militêre mag misbruik om gewelddadige regstelling af te dwing.
In 1842 het die Verdrag van Nanking – die eerste van wat die Chinese later die ongelyke verdrae sou noem – ’n vrywaring aan Brittanje verleen, vyf verdraghawes geopen en die Hongkong-eiland oorgedra waardeur die handelsmonopolie van die Kantonstelsel beëindig is. Die verdrag het egter daarin misluk om die Britse doelwitte van verbeterde handel en diplomatieke betrekkinge te behaal, wat aanleiding gegee het tot die Tweede Opiumoorlog (1856–60).Tsang 2004, bl. 29 Die oorlog word vandag beskou as die aanvang van die moderne Chinese geskiedenis.Stockwell, Foster (2003). Westerners in China: A History of Exploration and Trade, Ancient Times Through the Present. McFarland. bl. 74. .Janin, Hunt (1999). The India–China Opium Trade in the Nineteenth Century. McFarland. bl. 207. .
Agtergrond Sedert die aanvang van die Kantonstelsel deur die Qing-dinastie in 1757 was die handel in Chinese ware uiters winsgewend vir Europese én Chinese handelaars. Buitelandse handelaars kon egter slegs handeldryf deur ’n Chinese handelsliggaam bekend as die Dertien Hongs, en was beperk tot Kanton (Guangzhou). Buitelanders kon slegs in een van die Dertien Faktorye naby Shamian-eiland in Kanton woon en kon in geen ander deel van China woon of handeldryf nie.
Handel in tee en silwer duimnael|links|Uitsig oor die Europese fabrieke in Kanton Daar was ’n onversadigbare vraag na tee in Brittanje. China het egter slegs silwer as betaling vir tee aanvaar, wat gelei het tot chroniese handelstekorte.Peyrefitte, Alain. The Immobile Empire – The first great collision of East and West – the astonishing history of Britain's grand, ill-fated expedition to open China to Western Trade, 1792–94 (New York: Alfred A. Knopf, 1992), bl. 520 ’n Handelswanbalans in die guns van Brittanje het ontstaan. Die Sino-Britse handel is sodanig oorheers deur luukse items met hoë waarde soos tee (van China na Brittanje) en silwer (van Brittanje na China), dat goud en silwer algemeen in China gebruik is.Peyrefitte 1993, bl. 487–503
Brittanje het sedert die 18de eeu gebruik gemaak van die goudstandaard en moes dus silwer van die Europese vasteland en Meksiko aankoop om die Chinese honger na silwer te stil. Pogings deur die Britte (Macartney in 1793), die Nederlanders (Van Braam in 1794), Rusland (Golofkin in 1805) en weer die Britte (Amherst in 1816) om vir toegang tot die Chinese mark te onderhandel, is egter deur die onderskeie keisers geveto.
Opiumhandel Teen 1817 het die Britte besluit dat kontra-handel in ’n narkotiese dwelmmiddel, Indiese opium, ’n manier was om die handelstekort te verminder en om die Indiese kolonie winsgewend te maak. Die Qing-administrasie het aanvanklik die invoer van opium verdra omdat dit ’n indirekte belasting op Chinese onderdane geplaas het terwyl die Britte hul tee-invoere vanuit China kon verdubbel – met die gevolg dat die Qing se keiserlike tesourie en agente se monopolie op tee-uitvoer versterk is.Peyrefitte, 1993 p 520
Opium is deur ’n monopolie van die Britse Oos-Indiese Kompanjie (Bengale) vervaardig in die tradisionele katoenproduksiegebied van Indië en in die prinslike state (Malwa) buite beheer van die kompanjie. Albei areas is swaar getref deur die bekendstelling van fabriekvervaardigde katoenkleed wat van Egiptiese katoen gebruik gemaak het. Die opium is verkoop op die voorwaarde dat dit deur Britse handelaars na China verskeep moet word. Opium bevat ’n medisinale bestanddeel wat reeds tydens die Tang-dinastie aangeteken is, maar die ontspanningsgebruik was beperk en daar was talle bestaande wette teen misbruik van die dwelm.
Opium het algemeen begin voorkom met die groot hoeveelhede wat deur die Britte ingebring is (gemotiveer deur die gelykstelling van handel). Britse verkope van opium in grootmaat het in 1781 begin en verkope het tussen 1821 en 1837 vyfvoudig toegeneem. Skepe van die Oos-Indiese Kompanjie het hul vragte na eilande, en veral Lintin-eiland, geneem waar Chinese handelaars met vinnige en goedbewapende klein bote die goedere vir binnelandse verspreiding vervoer het.
Teen 1820 het die aanplant van tee in die Indiese en Afrika-kolonies, benewens die versnelde opiumverbruik die vloei van silwer omgekeer net toe die Keiserlike Tesourie die onderdrukking van rebelle teen die Qing moes finansier. Die Qing-regering het probeer om ’n einde aan die opiumhandel te bring, maar sy pogings is bemoeilik deur plaaslike amptenare (insluitend die goewerneur-generaal van Kanton) wat groot wins getrek het uit omkopery en belastings.
In 1834 is ’n keerpunt bereik. In Engeland het hervormers vir vryhandel daarin geslaag om ’n einde te bring aan die monopolie van die Britse Oos-Indiese Kompanjie en die handel is in die hande van privaat intrepreneurs gelaat. Amerikaners het Opium vanuit Turkye in omloop gebring wat goedkoper maar van swakker gehalte was. Kompetisie het die prys van opium afgedwing en verkope het toegeneem.
In 1839 het keiser Daoguang die vakkundige amptenaar Lin Zexu aangestel in die amp van spesiale keiserlike kommissaris met die taak om die opiumhandel uit te wis. Met sy aankoms het Lin die verkoop van opium verbied en vereis dat alle voorrade van die dwelm aan die Chinese owerhede oorhandig moet word. Hy het ook geëis dat alle buitelandse handelaars ’n "geen opiumhandel"-verdrag onderteken waarvan die verbreking met die dood strafbaar was. Lin het ook die kanaal na Kanton gesluit wat effektiewelik die Britse handelaars in die stad gyselaars gemaak het.
Charles Elliot, die hoofsuperintendent van Britse handel in China het daarin geslaag om Britse handelaars te oorreed om hul opiumvoorraad te oorhandig met die belofte van uiteindelike vergoeding van die Britse regering vir hul verlies. (Hierdie belofte en die onvermoë van die Britse regering om dit te betaal sonder om ’n politieke storm te ontketen, was ’n belangrike oorsaak vir die gevolglike Britse aanval.)"Foreign Mud: The opium imbroglio at Canton in the 1830s and the Anglo-Chinese War," deur Maurice Collis, W. W. Norton, New York, 1946
In totaal is 20 000 kratte (elk met ongeveer 55 kg) oorhandig en vanaf 3 Junie 1839 vernietig. http://news.cultural-china.com/20090604103010.html Ná die insameling en vernietiging van die opium het Lin Zexu ’n amptelike versoek (折奏/摺奏) Brief aan Koningin Victoria, 1839. Van Chinese Argief, Vol. 8 (Februarie 1840), bl. 497–503; herdruk in William H. McNeil en Mitsuko Iriye, reds., Modern Asia and Africa, Readings in World History Vol. 9, (New York: Oxford University Press, 1971), bl. 111–118. Die teks is deur prof. Jerome S. Arkenberg gemoderniseer, Cal. State Fullerton. Hierdie teks is deel van die Internet Moderne Geskiedenisbronboek. aan koningin Victoria geskryf, in ’n onsuksesvolle poging om die handel van opium te beëindig omdat dit duisende Chinese burgerlikes vergiftig het. Die geskrif, wat met ’n handelskip gestuur moes word, het nooit die koningin bereik nie.
Die Kowloon-insident Op 7 Julie 1839 het seelui van die Carnatic en Mangalore, albei in besit van Jardine, Matheson & Co., in Kowloon aangekom. ’n Groep matrose, vergesel van kollegas van ander skepe, het aan land gegaan en aggressief geraak nadat hulle te veel samshu (rysbrandewyn) gedrink het. In ’n gevolglike dronk bakleiery het ’n inwoner van Tsim Sha Tsui genaamd Lin Weixi ernstige beserings opgedoen en die volgende dag gesterf.Hoe & Roebuck 1999, bl. 91Hanes & Sanello 2004, bl. 61Fay 1975, bl. 171 Op 15 Julie het die hoofsuperintendent van Britse handel in China, Charles Elliot, 'n beloning van $200 uitgereik vir getuienis wat sou lei tot die arrestasie van diegene wat die moord gepleeg het en $100 vir getuienis wat die aanhitsers van die voorval sou help opspoor.Correspondence 1840, bl. 432 Lin Zexu, die keiserlike kommissaris, het daarop aangedring dat die oortreder moes sterf om die saak volgens Chinese wette op te los maar die hoofsuperintendent het volgehou dat hy jurisdiksie het onder ’n wet van 1883 van die Britse Parlement wat onder hersiening was. Op 12 Augustus het Elliot voorgesit in ’n hof van kriminele- en admiraliteitsjurisdiksie aan boord van die Fort William in Hongkong-hawe. Hy het Lin genooi om waarnemers te stuur, maar niemand het opgedaag nie.Hanes & Sanello 2004, bl. 61-62 Met Elliot as regter en ’n groep handelaars as die jurieHoe & Roebuck 1999, bl. 92-93 is twee mans skuldig bevind aan oproerigheid. Elk is met £15 beboet en gevonnis tot drie maande arbeid in Engeland. Drie mans is skuldig bevind aan aanranding en oproerigheid en is beboet met £25 elk en gevonnis tot ses maande gevangenisstraf in soortgelyke omstandighede.Correspondence 1840, bl. 433 Nadat hulle egter in Engeland aangekom het, is die mans vrygelaat omdat die saak geen jurisdiksie gehad het nie.
Lin was nie tevrede met die verrigtinge nie omdat niemand aan die Chinese oorhandig is nie. Hy het die hof beskou as ’n oortreding van China se soewereiniteit. Op 15 Augustus het Lin ’n edik uitgevaardig wat die verkoop van kos aan die Britte verbied hetThe Chinese Repository vol. 8, bl. 216 en die volgende dag is hul knegte aan Macau onttrek. Oorlogsjonke het in inhamme van die Pêrelrivier aangekom en kennisgewings bo die varswaterbronne het te kenne gegee dat dit vergiftig is. Op 24 Augustus het Don Adriao Accacio da Silveira Pinto, die Portugese goewerneur van Macau, aangekondig dat die Chinese hom bevel gegee het om die Britte uit die kolonie te verdryf. Hy het Lancelot Dent, ’n Britse handelaar, gewaarsku dat die Chinese beplan het om beslag te lê op Britse wonings in Macau. Op 25 Augustus het die voormalige superintendent John Astell aan Elliot voorgestel dat alle skepe Hongkong moet verlaat.Correspondence 1840, bl. 435 Teen die einde van die maand het meer as 2 000 mense in meer as 60 skepe in Hongkong-hawe vergader sonder vars kos of water. Op die skepe was Europese handelaars en talle Britse gesinne. Die Volage van kaptein Henry Smith en die Hyacinth het op 30 Augustus na Hongkong geseil. Elliot het amptenare van Kowloon gewaarsku dat die konflik kan toeneem indien die embargo sou voortduur.
Die Opiumoorlog (1839–42) duimnael|250px|Geveg tussen Britse en Chinese skepe in die Eerste Slag van Chuenpee, 1839 Laat in Oktober het die Thomas Coutts in China aangekom en na Kanton gevaar. Die skip is besit deur Kwakers wat geweier om in opium handel te dryf en Warner, die kaptein, het geglo Elliot het sy wetlike outoriteit oorskry deur die ondertekening van ’n verdrag te verbied waarin skepe wat nie die dwelm aan boord gehad het nie, toegelaat sou word om vas te meer. Die oortreding hiervan was met die dood strafbaar en alle opium aan boord sou gekonfiskeer word. Die kaptein het met die goewerneur van Kanton onderhandel en gehoop dat alle Britse skepe hul goedere in Chuenpee, ’n eiland naby Humen, sou kon aflaai.
Om ander Britse skepe te verhoed om die Thomas Cutts na te doen, het Elliot ’n blokkade van die Pêrelrivier gereël. Gevegte het op 3 November 1839 begin toe ’n tweede Britse skip, die Royal Saxon, probeer het om na Kanton te vaar. Die HMS Volage en HMS Hyacinth van die Britse Koninklike Vloot het waarskuwingskote in die rigting van die Royal Saxon gevuur.