duimnael|links|’n Gerestoureerde skelet.

duimnael|links|Shantungosaurus (blou) in vergelyking met ander ornitopodes.

Shantungosaurus ("Shandong-akkedis") was ’n genus Ornithischia-dinosourusse wat in die Laat Kryt-periode op die Shandong-skiereiland in China voorgekom het.

Die enigste spesie, Shantungosaurus giganteus, is een van die grootste bekende lede van Ornithischia; die skedel was omtrent 1,63 m lank en die skelet sowat 14 tot 16,6 m. Die grootste een kon tot 16 ton geweeg het. Sy snawel het nie tande gehad nie, maar sy kake het sowat 1 500 klein koutande gehad. ’n Groot gat naby sy neusgate kon deur ’n los flap bedek gewees het wat hy dalk opgeblaas het om klanke te maak.

Verwysings

Kategorie:Ornithopoda