Raymond Arthur Dart (4 Februarie 1893 - 22 November 1988) was 'n Suid-Afrikaanse antropoloog. Hy is gebore in Brisbane, Australië en studeer in die medisyne aan die Universiteite van Queensland en Sydney. Hy veg later in die Eerste Wêreldoorlog. Hy word 'n lektor aan die Universiteit van Londen en doen later navorsing by die Rockefellerstigting van 1921- 1922. In 1923 word hy 'n professor van Anatomie aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 1925 word hy dekaan van die Fakulteit Geneeskunde. Hy het bekendheid verwerf vir sy herkenning van die belangrikheid van die Taung-skedel.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika Eric Rosenthal 1967

Kategorie:Antropoloë Kategorie:Australiërs Kategorie:Geboortes in 1893 Kategorie:Sterftes in 1988