Kromdraai is ’n grot met talle fossiele sowat 2 km oos van die meer bekende Sterkfontein en sowat 45 km noordwes van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in die Wieg van die Mensdom, ’n wêrelderfenisgebied, geleë en is self ’n Suid-Afrikaanse erfenisgebied.
Geskiedenis van uitgrawings duimnael|links|Kromdraai B in 2007. Die terrein is in 1938 onder die aandag van Robert Broom gebring deur ’n plaaslike skoolseun, Gert Terrblanche, wat verskeie hominientande daar gevind het. Die tande was deel van ’n skedel wat later die holotipe geword het van Paranthropus robustus. Broom het tot in 1947 uitgrawings op die terrein gedoen en dit sou lei tot die ontdekking van verskeie hominienoorblyfsels. Die terrein bestaan uit Kromdraai A en Kromdraai B; laasgenoemde is waar die hominienoorblyfsels ontdek is. In 1955 is nog verskeie hominienoorblyfsels daar ontdek.
In 1993 is opgrawings deur Francis Thackeray van die Transvaalse Museum en Lee Berger van die Universiteit van die Witwatersrand hervat. Spanne van die Harvard-universiteit en ander het later by hulle aangesluit. Dit het daartoe gelei dat nog hominienfossiele gevind is.
Ouderdom Die ouderdom van Kromdraai B se fossiele word geraam op sowat 2 tot 1,6 miljoen jaar, en dié van die Paranthropus robustus-fossiele op tussen 1,8 en 1,6 miljoen jaar.Herries, A.I.R., Hopley, P.J., Adams, J.W., Curnoe, D., Maslin, M.A. 2010. Letter to the editor: Geochronology and palaeoenvironments of Southern African hominin-bearing localities-A reply to Wrangham et al., 2009. "shallow-water habitats as sources of fallback foods for hominins" .
Verwysings
Eksterne skakels Kromdraai by Unesco
Kategorie:Argeologiese vindplekke in Suid-Afrika Kategorie:Erfenishulpbronne in Suid-Afrika Kategorie:Grotte van Suid-Afrika Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika