Swartkrans is ’n Suid-Afrikaanse erfenisgebied naby Sterkfontein wat ryk is aan argeologiese materiaal, veral hominiedoorblyfsels. Dit is sowat 32 km van Johannesburg af geleë.
Dit is in 1968 deur die Universiteit van die Witwatersrand gekoop. Die oudste fossiele wat daar gevind is, is tussen sowat 1,8 en 2 miljoen jaar oud.
Van die vroegste getuienis van die beheer van die omgewing deur brande is by Swartkrans gevind. Van die fossiele wat daar ontdek is, sluit in dié van Homo erectus, Paranthropus en Homo habilis.
Swartkrans is deel van die wêrelderfenisgebied Wieg van die Mensdom.
Verwysings
Kategorie:Argeologiese vindplekke in Suid-Afrika Kategorie:Erfenishulpbronne in Suid-Afrika Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika